Verdere getuienis oor Transnet word deur die Zondo-kommissie aangehoor.
Mafika Mkwanazi, wat Transnet se uitvoerende hoof en voorsitter van die Transnet-direksie was in die tyd toe Siyabonga Gama heraangestel is, getuig.
Mkwanazi, wat in verskeie direksies waaronder Transnet en Eskom gedien het, het vantevore getuig Tony Gupta het aan hom gesê die Guptas het 'n hegte verhouding met oudpres. Jacob Zuma.
Hy het ook getuig dat die Guptas Transnet hanteer as 'n spazawinkel waar 'n mens net kan gaan en goed uitsoek.
Hier volg die jongste verwikkelinge: