Zondo wil weet wie goedkeuring moet gee vir landings?
Zondo wys nou uit dat Koloane gesê het hy het nie die mag gehad om die vlug goed te keur nie.
Ntshisi sê dit is reg. Hy sê vir hóm is dit nie die waarheid nie. Koloane was die hoogste amptenaar by Dirco.
Zondo sê die hoogste amptenaar in 'n departement sal die direkteur-generaal wees. En Koloane was nie die direkteur-generaal nie.
Ntshisi sê hy was hoof van staatsprotokol.
Zondo vra of daardie posisie vir Koloane die mag gegee het om die vliegtuig te laat land by Waterkloof.
Ntshisi sê dit is die geval.
Zondo vra maar moes dit nie deur die relevante amptenare in die departement van verdediging goedgekeur wees nie?
Ntshisi sê die enigste mense wat daardie mag het, is die mense van die departement van internasionale betrekkinge (Dirco).
Zondo vra of daar al enige ander landings by Waterkloof was wat deur Dirco goedgekeur is. Ntshisi sê ja daar was.
Zondo vra of hy voorbeelde kan noem?
Ntshisi antwoord as daar byvoorbeeld 'n versoek is, sal dit na Dirco gestuur word, of Dirco sal die versoek stuur.
Zondo vra of Dirco die fisiese landing goedkeur of die besoek van die staatsgaste? Hy vra in daardie gevalle waar Dirco al goedkeuring gegee het, is dit vir die besoek en dan keur die departement van verdediging die landing by Waterkloof goed? Of vir die landing self?
Ntshisi antwoord so ver as wat hy weet, is die taak van die bevelspos waar hy werk om 'n klaringsnommer te gee.
Zondo vra is dit Ntshisi se getuienis dat daar 2 goedkeurings moet wees voor 'n staatsbesoek by Waterkloof kan land, een deur Dirco en een deur verdediging?
Ntshisi antwoord wat hy weet is dat verdediging 'n klaringsnommer moet gee vir enige vlug wat in die land inkom.
Zondo vra is die klaringsnommer nie die finale stap wat 'n vliegtuig toelaat om te land nie.
Ntshisi sê dit is so.
Zondo vra so is dit so dat Mtshisi saamstem daar moet goedkeuring deur Dirco en verdediging wees?
Ntshisi antwoord ja dit is so.
Zondo vra die goedkeuring vanaf Dirco, as daar nie 'n note verbale is nie, hoe sal dit lyk? Ntshisi sê hy verstaan nie die vraag nie.
Zondo sê verdediging gee 'n klaringsnommer. Dit is die manier wat wys die klaring is verkry. In die geval van Koloane was die goedkeuring 'n e-pos? Ntshisi sê ja dit is so.
Zondo vra die goedkeuring vanaf Dirco, kom dit eerstens per e-pos en dan sê dit goedkeuring word toegestaan?
Ntshisi sê dit is 'n e-pos met 'n brief wat die besonderhede bevat.
Zondo sê so Ntshisi staan by sy getuienis dat hy vir Koloane 'n e-pos gevra het om die klaring te gee. Hy antwoord ja.
Zondo vra en die e-pos wat vanaf Koloane se kantoor gekom het, was daardie goedkeuring.
Ntshisi sê ja want Koloane het hom die reg gegee om voort te gaan.
Zondo sê hy het aan sy assistent gevra om in die e-pos te skryf dat Ntshisi die landing moet prosesseer.
Ntshisi antwoord dit is so.