Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Kommissie verdaag vroeg omdat Zondo siek voel

  • Twee getuies is vandag voor die Zondo-kommissie aangehoor met die ondersoek wat weer fokus op die grootskaalse korrupsie by Transnet.
  • Helen Walsh, waarnemende risiko-bestuurshoof by Transnet, het getuig.
  • Getuienis word ook weer aangehoor van Francis Callard, 'n afgetrede ingenieur van Transnet.
  • Callard het vantevore getuig hy het verlede jaar 'n finansiële ondersoek gelei na die tenders vir die verkryging van 1 064 lokomotiewe. Die koste sou aanvanklik R38 miljard beloop, maar dit het Transnet uiteindelik byna R50 miljard uit die sak gejaag.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek wydlopende bedrog en korrupsie in die staatsdiens.
10 Jul. 13:06:36

Zondo vra of Callard eerder Donderdag met sy getuienis kan aangaan.

Die sitting verdaag tot Donderdag.

10 Jul. 13:05:43

Zondo sê hy voel nie baie goed nie. Vandag se sitting moet liewer verdaag.

10 Jul. 13:04:51

Callard sê sy afleiding is dat Molefe gefokus het op die groter bedrag. Laher verduidelik nou na alles hoe daar by die bedrag van R44 miljoen uitgekom is, hoewel sy eerste somme gesê het dit sou R41 miljoen wees, sê Callard.

Callard sê hy kan nie 'n verduideliking sien vir die R3 miljoen verskil tussen die berekening wat Laher gemaak het vir die lokomotiewe en wat uiteindelik betaal is nie.

10 Jul. 13:00:58

Transnet-bestuurder het ekstra vrae oor lokomotiewe

Callard het vroeër in sy getuienis verwys na die verkryging van 100 lokomotiewe. Die tender is verhoog vanaf R3,8 miljard na R4,8 miljard. Callard het gesê dié verhoging is uitermatig.

Laher ontken nie dat die verhoging uitermatig is nie, maar verduidelik hoe daar by die som uitgekom is.

Laher voer aan dat Anoj Singh, Transnet se voormalige finansiële hoof, en Brian Molefe, voormalige Transnet-hoof, in beheer was van die proses om die 100 lokomotiewe te verkry vanaf China South Rail (CSR).

Callard antwoord dit is reg dat Singh vir Laher gevra het om 'n studie te doen oor die redelike pryse van die lokomotiewe.

Laher het by 'n bedrag van R41 miljoen per lokomotief uitgekom wat volledig gereed is om te kan gebruik indien die lokomotiewe in Februarie 2014 bekom is.

Callard sê hy stem saam met die metodologie wat Laher gebruik het.

Laher sê hy was deel van die onderhandeling toe CSR R39 miljoen per lokomotief gevra het. Molefe het 'n paar dae later gesê transaksiekontrakte moet opgetrek word dat CSR R44 miljoen per lokomotief betaal word.

Laher sê in sy beëdigde verklaring dat Molefe gefokus het op die groter bedrag wat betaal moet word vir lokomotiewe en nie die detail hoe daar by die koste van die lokomotiewe uitgekom is nie.

10 Jul. 12:44:28

Adv. Mahlape Sello hanteer die nuwe beëdigde verklarings en vra Callard daaroor.

10 Jul. 12:42:02

Callard is teruggeroep nadat twee mense wat in sy vroeëre getuienis genoem is, beëdigde verklarings ingedien het waarin hulle van sy getuienis betwis.

Die twee is Yousuf Laher, voormalige finansiële bestuuurder van Transnet en Yusuf Mohamed, voorheen hoofbestuurder in die kantoor van Transnet se hoof finansiële beampte.

10 Jul. 12:29:56

Callard is 'n afgetrede ingenieur van Transnet wat reeds voor die kommissie getuig het.

Hy het verlede jaar 'n finansiële ondersoek gelei na die verkrygingsposes van die 1 064 lokomotiewe. Die koste sou aanvanklik R38 miljard beloop, maar dit het Transnet uiteindelik byna R50 miljard uit die sak gejaag.

10 Jul. 12:20:20

Die volgende getuie is Francis Callard.

Die sitting verdaag vir enkele minute om Callard te roep.

10 Jul. 12:19:45

Walsh het klaar getuig en word deur adjunkhoofregter Raymond Zondo bedank vir haar getuienis.

10 Jul. 12:17:33

Walsh word deur adv. Sello gevra oor meer besonderhede van die verskuiwingskoste van die lokomotief-monteeraanleg.

Meer oor:  Transnet  |  Politiek  |  Raymond Zondo  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.