Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: ‘My gewete is kristalhelder’ - Nene

  • Die Zondo-kommissie, met adjunkhoofregter Raymond Zondo as voorsitter, ondersoek omvangryke korrupsie in die staatsdiens, asook die betrokkenheid van politici en amptenare by staatskaping.
  • Die kommissie fokus die afgelope tyd op Eskom en die druk wat daar op amptenare geplaas is om onreëlmatige kontrakte en betalings deur te voer wat die land miljarde rande gekos het.
  • Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies, het Donderdag sy getuienis voor die kommissie afsluit.
  • Die kommissie het Woensdagoggend 'n aansoek aangehoor deur Tom Moyane, geskorste SAID-kommissaris, om Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, te kruisondervra. Zondo het die beslissing voorbehou.
14 Mrt. 16:02:24

Die kommissie verdaag tot Vrydag 09:30. 

14 Mrt. 16:01:54

Pretorius sê daar is niks anders vandag nie. Mcebisi Jonas sal Vrydag voor die kommissie getuig. 

14 Mrt. 16:00:06

Zondo bedank Nene dat hy terug gekom het na kommissie om te getuig. Dit lyk ook asof niemand aansoek gedoen het om Nene te kruisondervra nie. "U is egter verskoon en baie dankie dat u gekom het."

14 Mrt. 15:59:29

Pretorius sê hy is klaar.

14 Mrt. 15:59:03

Nene: "Toe ek hulle vir die eerste keer besoek het, was dit reeds openbare kennis dat hulle die president se vriende was. Zuma self het erken hulle is vriende en dat hulle sy seun werk gegee het toe niemand anders wou nie. Hulle het gesê hulle was adviseurs van die president. Anders om beskikbaar vir sakemanne te wees, het ek nie verwagtinge van my besoeke aan hulle gehad het. Ek het geen betalings of geskenke ontvang nie. Hulle het my ook nie enige pos, insluitend dié van minister van finansies, aangebied nie. My gewete is kristalhelder soos ek vandag hier sit."

14 Mrt. 15:57:24

Nene sê in reaksie op die eerste vraag hy het nie die Guptas se troue bygewoon destyds nie omdat hy toe bewus geraak het van die omstredenheid rondom die Guptas. Hy het egter 'n uitnodiging ontvang. 

14 Mrt. 15:56:37

Pretorius sê daar is 'n versoek om nog drie vrae aan Nene te vra.

14 Mrt. 15:56:24

Pretorius: Mnr. Nene, net om op te som. Ons weet van agt besoeke van jou aan huise en kantore van die Guptas. Dit was in die tyd toe omstredenheid begin het rondom die Guptas. Jy het onder meer gesê die Iqbal Surve-aangeleentheid is ook geopper maar dat hulle jou wou nie beïnvloed nie. Ons het egter nie bewyse daarvan nie. Net jou weergawe. Dit lyk of ons nie ander getuienis sal kry wat dit sal weerlê nie."

"Ons het egter getuienis van Maseko, Jonas en Mentor. Dit sal sterk voorstel dat dit onwaarskynlik sal wees dat die Guptas nie sou probeer het om jou ook te beënvloed nie. Ons moet tot die gevolgtrekking kom dat daar ten minste 'n vraagteken oor jou getuienis sal hang en bly."

Nene: "Ek het nie 'n probleem daarmee nie. Miskien kom te min mense na vore. Ek sou dink hul benadering teenoor my sal ook op van my ander kollegas betrekking hê. Sommiges is ook vir informele besoeke uitgenooi en ook nooit vir gunste gevra nie. Ek wil eintlik die platform gebruik om 'n beroep op sulke mense te doen om na vore te kom omdat ek nie die enigste uitsondering kan wees waar Guptas my nie sou wou beïnvloed het nie."

14 Mrt. 15:52:26

Pretorius sê daar is net nog twee kwessies en hy wil Nene se getuienis opsom. 

14 Mrt. 15:51:43

Zondo: "Dit is moontlik dat deel van die rede kan wees dat mense wat 'n verskil kon gemaak het en sekere dinge kon gestop het, nie opgestaan het nie omdat hulle meer bekommerd was oor die tipe dinge wat jy genoem het. Daar is egter nou 'n kommissie waar hulle kan kom getuig. Dit is 'n geleentheid om die land te herbou maar mense kom nie na vore nie. Dit is 'n groot jammerte."

Nene sê hy stem saam. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.