Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Grondhervorming gaan voort, sê Mabuza
Adj.pres. David Mabuza antwoord vir die eerste keer mondelingse vrae in die Nasionale Vergadering. Hou Netwerk24 dop vir die verrigtinge. 
20 Mrt. 16:44:01

Hy word luidkeels toegejuig deur ANC-LP's.

20 Mrt. 16:44:01

Hy word luidkeels toegejuig deur ANC-LP's.

20 Mrt. 16:43:49

Mabuza se vraesessie is afgehandel.

20 Mrt. 16:43:22

Mabuza: Ek sien 'n skuif in ons denkwyse in die aard hoe ons die debat benader. Dit sê aan my dat julle landbou as 'n baie belangrike sektor geïdentifiseer het om die ekonomie te verbeter. Didiza sê dit is die einde van die vrae-en-antwoordsessie aan Mabuza.

20 Mrt. 16:42:28

Mabuza sê hy bespeur 'n skuif in die denke ten opsigte van die grondkwessie.

20 Mrt. 16:42:11

Mcebisi Filtane, 'n UDM-LP, wil weet wat is die tydsraamwerke om die lot van boere te verbeter.

20 Mrt. 16:41:35

Mabuza: Ons moet egter deur die staat ondersteun word omdat ons kos moet hê en die surplus kan uitvoer om 'n groter inkomste te kan kry. Omdat die land voedsel moet hê om te eet, terwyl die surplus uitgevoer sal word.

20 Mrt. 16:40:16

Mabuza: Al nege provinsies bied ondersteuning aan boere. Ons moet verseker dat die ondersteuning uitgebrei word om te verseker dat voorligtingbeamptes by hulle bly deur die stelsel. Die ondersteuning aan opkomende boere moet konstant volgehou word.

20 Mrt. 16:37:39

Mabuza: Nie alle afgevaardigdes op die ANC-konferensie het saamgestem dat grond sonder vergoeding onteien moet word nie. Maar die besluit is aan die einde geneem en ons almal, insluitend Hanekom, is verbind daartoe.

20 Mrt. 16:37:08

Mabuza sê almal het verskillende menings - maar alle ANC-lede is verbind tot die resolusie. Dit is 'n feit dat die grond teruggee moet word aan diegene wat grondloos is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.