Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Grondhervorming gaan voort, sê Mabuza
Adj.pres. David Mabuza antwoord vir die eerste keer mondelingse vrae in die Nasionale Vergadering. Hou Netwerk24 dop vir die verrigtinge. 
20 Mrt. 16:36:45

Mabuza: Ons het nog nie art. 25 van die Grondwet getoets nie. Maar ek is tevrede wat die parlement met die mosie oor grondonteiening gedoen het. Dit gee ons 'n manier om met die kwessie te handel. Ons almal het verskillende menings oor die kwessie.

20 Mrt. 16:35:37

Steenhuisen vra nou 'n opvolgvraag. Sê betekenisvolle grondhervorming is nodig. Hy verwys na Derek Hanekom wat verlede jaar gesê het dat grondonteiening sonder vergoeding onsin is en verwys ook na 'n hoëvlak-paneel wie se aanbevelings daarvan verskil.

20 Mrt. 16:34:41

Mabuza: Ons moet wegbeweeg van die debat dat wit mense ons land gesteel het. Sommige was nie deel daarvan nie. Hulle is kinders en kleinkinders van diegene wat dit gevat het. Maar hulle moet dit deel.

20 Mrt. 16:34:21

Mabuza: Die regering het baie hard probeer. Ons maatskaplike sekerheidstelsel het ons mense aan die lewe gehou. Dit is tyd dat ons ons mense wegneem van daardie stelsel waar hulle bedelaars was wat maatskaplike toelaes ontvang het, sodat hulle aktief aan die ekonomie kan deelneem.

20 Mrt. 16:34:01

Mabuza: Vir diegene wat uitgesluit is in die verlede, die grond sal gegee word aan diegene wat die grond bewerk. Ek dink dit moet die gees wees.

20 Mrt. 16:33:04

Mabuza: Die grondkwessie sal nuwe geleenthede na vore bring. Dit kan egter nie net aan mense gegee word om daarop te slaap nie.

20 Mrt. 16:32:50

Mabuza: Diegene wat tans die grond het, moet besef hulle moet dit self beskikbaar stel. Dit is onregverdig dat mense groot stukke grond besit en ander niks.

20 Mrt. 16:32:22

Mabuza: Die punt is dat ons nie meer langer die status quo kan beskerm nie. Grond moet terug aan die regmatige eienaars gegee word.

'n DA-LP sê spottenderwys: "Aan die Khoisan nè".

'n ANC-LP skreeu terug: "Ons is almal Khoisan".

20 Mrt. 16:31:28

Shaik Emam vra 'n opvolgvraag. Hy sê as hy hoor die DA praat van onderdrukking het hy amper plat op sy rug geval omdat die DA destyds deel van die onderdrukkers was.

Mabuza sê die term "radikale ekonomiese transformasie" kom uit frustrasie van die meeste van ons mense wat nie vordering sien nie.

Mabuza: Ek is seker ons kamerade wat hier sit met die rooi vertel ons van ekonomiese vryheid. Dit is die stres wat ons mense in die gesig staar.

20 Mrt. 16:30:14

Mabuza: Daar is gebiede van onmiddellike implementering soos in die verkrygingsprosesse van die regering en om veral te verseker dat klein ondernemings betyds betaal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.