Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Prokureurs van Vrystaatse oud-landbouhoof wil nie verder help, hoor Zondo
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping fokus weer op die Vrede-melkplaas en korrupsie in die Vrystaatse provinsiale regering.
  • Peter Thabethe, voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, het Maandag gevra dat sy getuienis uitgestel word, omdat hy nie regsverteenwoordiging het in die stadium nie. Sy vorige regsverteenwoordiger het onttrek, maar hom nie in kennis gestel nie.
  • Hy het vantevore erken hy het nié die kontrak met die Estina-maatskappy deur senior regskenners laat nagaan voordat hy die kontrak onderteken het nie.
  • Met dié kontrak is Estina as die bestuurder van die Vrede-melkplaas aangestel - 'n projek waarop uiteindelik meer as R300 miljoen bestee is.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek die wydlopende korrupsie in die staatsdiens.
16 Sep. 10:42:48

Adv. Leah Gcabashe sê Thabethe kan weer op 3 en 4 Oktober verder getuig.

Zondo sê hy moet 'n regsverteenwoordiger kry wat op daardie datums beskikbaar is en nie dan kom en vra vir 'n verdere uitstel nie.

Zondo sê hy gaan vandag se getuienis uitstel, omdat hulle nie verder daarmee kan voortgaan nie.

Hy sê van Dinsdag af kom getuig 'n persoon in verband met misdaad-intelligensie. Hy gaan nie die naam bekendmaak nie.

Vrydag en Saterdag sal daar weer getuienis oor Estina aangehoor word.

Vandag se verrigting verdaag.

16 Sep. 10:39:48

Die sitting gaan voort.

16 Sep. 10:18:01

Zondo sê die beste sal wees om Thabethe se getuienis uit te stel tot 'n spesifieke datum sodat Thabethe wel tyd kry om nuwe regsverteenwoordigers aan te stel.

Die sitting word vir enkele minute verdaag om 'n datum te bepaal waarop Thabethe kan kom getuig.

16 Sep. 10:10:57

Vandag se sitting begin met Peter Thabethe, voormalige hoof van die Vrystaatse landboudepartement, wat verder getuig. Thabethe vra of sy getuienis vandag uitgestel kan word, hy het nie 'n regsverteenwoordiger beskikbaar nie.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê die kommissie maak nie voorsiening vir so iets nie. Hy sê ook dat Thabethe lank reeds weet dat hy vandag verder getuig en hy kon reëlings hiervoor tref.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.