Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: 'Vrystaat leeg gemelk onder Ace'- Dukwana
  • Dukwana het getuig oor ’n vergadering met Tony Gupta in sy familie se Saxonwold-woonkompleks waar Ace Magashule, toe premier van die Vrystaat, en Duduzane Zuma, oudpres. Jacob Zuma se seun, ook was. Volgens hom het Tony gesê hy betaal maandeliks vir Magashule en Zuma R1 miljoen in verband met ’n projek wat hy “Jagersfontein” genoem het.
  • Tony het dieselfde aanbod aan Dukwana gemaak in verband met die City of Tomorrow-projek, wat groot ekonomiese ontwikkeling na die Welkom-omgewing kon bring. Dukwana het die aanbod egter van die hand gewys.
  • Dukwana beweer Magashule het hom kort daarna afgedank omdat hy nie die aanbod aanvaar het nie. Magashule het glo gesê hy soek meer vroue in hoë poste.
  • Hy het verder getuig hoe verskeie tenders onreëlmatig onder Magashule se leierskap in die Vrystaat toegeken is.
  • Daar is ook oor Pieter-Louis Myburgh se boek, Gangster State – Unraverling Ace Magashule’s Web of Capture, gepraat. Dukwana het bevestig dat “baie van die dinge waaroor daar in die boek geskryf word in die Vrystaat gebeur het.” 
  • Die Zondo-kommissie, met adjunkhoofregter Raymond Zondo as voorsitter, ondersoek omvangryke korrupsie in die staatsdiens, asook die betrokkenheid van politici en amptenare by staatskaping.
05 Apr. 17:03:22

Hiermee sluit Netwerk24 sy regstreekse dekking.

05 Apr. 17:03:11

Verrigtinge verdaag tot 10:00 Maandag.

05 Apr. 17:02:59

Zondo sê die kommissie sal van Maandag af getuienis aanhoor oor wetstoepassingsagentskappe.

05 Apr. 17:02:25

Dukwana word verskoon.

05 Apr. 17:02:06

Die kommissie het 'n begroting vir tolke, sê Zondo.

05 Apr. 17:01:45

Zondo: Baie dankie vir dit. Enigiemand kan in hul eie taal kom praat en ons sal 'n tolk daarvoor aanstel.

05 Apr. 17:01:23

Dukwana: Kan ek iets vra Voorsitter. Ek het hier in Engels getuig. Baie ander kollegas wil egter getuig maar sal dit deur 'n tolk wou doen. Mens is bang dat hulle nie hulself so vrylik in Engels sal uitspreek nie.

05 Apr. 16:59:16

Die regter doen weer 'n beroep om enigiemand met inligting wat die kommissie kan help, om na vore te kom om te bepaal wat gebeur het en watter maatreëls ingestel kan word.

05 Apr. 16:58:16

Zondo bedank Dukwana weereens vir sy getuienis.

05 Apr. 16:57:57

Toe alles misluk het, is hy na Saxonwold ontbied, sê Dukwana. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.