Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: SAL-hoë sê dankie dat waarheid by Zondo-kommissie uitkom

  • Mathulwane Mpshe, 'n voormalige bestuurder van menslike hulpbronne by die SAL, getuig vandag voor die Zondo-kommissie.
  • In vorige getuienis voor die kommissie is genoem hoe SAL-werknemers se lewens moeilik gemaak is indien hulle nie wou saamspeel en tenders op korrupte wyse help toeken nie.
  • Vrydag het dr. Masimba Dahwa, afgedankte verkrygingshoof van die SAL, getuig hoe moeilik sy werk geraak het, met Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad, wat hom na bewering selfs gedreig het.
  • Die kommissie van ondersoek na staatskaping, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek korrupsie in die staatsdiens.  
01 Jul. 19:08:26

Zondo sê vandag se sitting was lank, maar hy is tevrede dat alles gehoor is wat moes gehoor word.

Die sitting verdaag tot 10:00 Dinsdag.

01 Jul. 19:07:49

Zondo sê hy is baie bly dat meer en meer mense na vore kom. Die mense van die SAL en SA Express.

Hy sê mense in die privaat praktyk moet ook na vore kom en sê wat gebeur het.

Die land moet nooit weer staatskaping hê nie, sê Zondo.

01 Jul. 19:03:26

Mpshe sê dankie dat waarheid by Zondo kan uitkom

Mpshe sê die pyn en swaarkry wat sy en haar familie ervaar het, is onmeetbaar. Ja, sy is met betaling geskors. Haar beeld het skade gely. Indien mens haar naam Google, dan is daar 'n verklaring van die SAL wat sê sy is geskors weens ernstige oortredings.

Zondo sê die waarheid moet oorgedra word.

Mpshe sê dit was vir haar baie moeilik en wanneer sy en haar gesin terugkyk, wonder hulle hoe het hulle dit oorleef. Daar is altyd die negatiewe persepsie van hierdie staatsamptenaar wat die regeringskoffers geplunder het. Dit het haar en haar gesin gepynig.

By die kerk en by sosiale byeenkomste het mense aanhou vra, wat het jy gedoen.

Haar ma was siek en het gesterf sondar dat sy weet haar dogter was geskors.

Mpshe bedank die Zondo-kommissie dat die waarheid nou kan uitkom.


01 Jul. 18:56:20

Zondo sê indien Mpshe en Dahwe se getuienis wat reeds gelewer is en getuienis wat nog gelewer gaan word die waarheid is, kan die manier hoe hulle behandel word op die minste bevraagteken te word.

01 Jul. 18:51:53

Mpshe sê haar regsverteenwoordiger het vir haar gesê dit is nou al 22 maande, hierdie mense het staatsgeld en kan die saak nog lank uitrek.

In daardie stadium was Mpshe se regskoste 'n half miljoen rand.

01 Jul. 18:40:53

Mpshe getuig sy was 22 maande met salaris geskors gewees.

01 Jul. 18:28:48

Mpshe getuig in 'n stadium in September 2016 was daar 'n hele klomp uitvoerende bestuurslede van die SAL wat  geskors is. Haar prokureur het aan die minister van finansies, Pravin Gordhan, geskryf. Dit was nadat Gordhan in 'n toespraak in die parlement verwys het na al die geskorste amptenare by die SAL en dat dit ondersoek gaan word.

01 Jul. 17:51:40

Mpshe getuig nou oor haar skorsing.

01 Jul. 17:40:12

Mpshe getuig dat sy op 13 November 2915 na 'n vergadering ontbied is, waar sy ingelig is dat sy nie meer die waarnemende uitvoerende hoof van SAL is nie.

01 Jul. 17:29:19

Mpshe getuig nou oor wat op 13 November 2015 gebeur het. Myeni het 'n vergadering met vakbonde gehad en Mpshe wou weet hoekom die vakbonde met haar vergader, terwyl daar interne prosesse is om sake te hanteer.

Mpshe het ook na die vergadering gegaan. Myeni en Kwinana was daar - dit was met slegs een van die vakbonde (vir die vliegtuigbemanning).

Mpshe het nadat Myeni die vergadering begin het, gesê dat dit nie die regte manier is om probleme te hanteer nie. Sy Myeni het gesê dit is haar vergadering, Mpshe moet stilbly. Daar is 'n hele aantal operasionele probleme bespreek.

Meer oor:  Sal  |  Politiek  |  Raymond Zondo  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.