SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Manyi 'verstaan nie' dat hy moet getuig voor Zondo
  • Die Zondo-kommissie het vandag getuienis van twee voormalige direkteurs-generaal van die staatsdiens se kommunikasie- en-inligtingstelsel, Themba Maseko en Mzwanele (Jimmy) Manyi aangehoor.
  • Adv. Kate Hofmeyr, ondervraer van die kommissie, het aangevoer daar is geen bewyse in die transkripsies van die bepaalde kabinetsvergadering om Zuma se vroeëre getuienis te steun dat dit 'n kabinetsbesluit was om Maseko te skuif vanaf die GCIS na die destydse departement van openbare dienste en administrasie nie.
  • Maseko het getuig Zuma het hieroor gelieg in sy getuienis. Dit was nie deur die kabinet besluit nie, maar die kabinet is bloot ingelig dat hy geskuif word.
  • Die Zondo-kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek staatskaping in die tydperk toe Zuma die president was.
06 Nov. 16:43:06

Manyi word nou gevra oor die tydperk toe hy by die departement van arbeid gewerk het en sy skorsing by dié departement.

Hofmeyr sê met Manyi se vorige getuienis het hy getuig dat daar nie klagtes was teen hom toe hy by departement van arbeid was nie. Hy hou daarby dat hy nie toe aangekla is nie.

Manyi sê dit is semantiek. Dit is 'n tegniese kwessie of hy aangekla is.

Die sitting verdaag tot Donderdag.

06 Nov. 15:35:10

Manyi 'weet nie eers waarom hy geroep is'

Manyi sê hy weet nie eens hoekom hy voor die Zondo-kommissie geroep is om te getuig nie. Die sprake dat daar 'n bedrag van R600 miljoen aan The New Age betaal is deur die staatsdiens is nié net van GCIS in die tydperk toe hy daar was nie. In 2011 was dit maar iets meer as R8 miljoen, in 2012 was dit iets soos R7 miljoen vanaf GCIS

"Alles wat gedoen is, is sonder my persoonlike inmenging," sê Manyi.

Hy sê dat hy geroep is, laat dit blyk asof hy by staatskaping betrokke was. Daar word ook aangevoer hy was 'n boelie. Dit is nie so nie, volgens Manyi.

06 Nov. 15:31:21

Zondo sê aan Manyi hoekom hy voor Zondo moet getuig

Zondo sê indien daar kwessies is waaroor Manyi nie kan antwoord nie, kan hy dit uitwys.

Zondo sê die inligting waarin hy belang stel gaan daaroor dat Maseko getuig het hy het 'n ontmoeting met Ajay Gupta gehad, dat Ajay Gupta geëis het dat die GCIS-begroting moet beskikbaar gestel word vir die Guptas. Op 'n Saterdag toe hy (Maseko) en sy vrou gery het in 'n voertuig het hy oproepe van die Guptas gehad, onder meer van Ajay Gupta. Dié gesprek was nie aangenaam nie.

Een van die goed wat Maseko gesê het wat Gupta aan hom gesê het is die feit dat omdat hy nie wou saamwerk nie sal dit daartoe lei dat hy "uitgesorteer" sou word nadat Ajay Gupta hom by sy seniors aanmeld.

Hierna is Maseko gekontak deur Chabane en Zuma het hom opdrag gegee om Maseko te verwder as direkteur-generaal. Chabane het toe gesê hy sal hom nie net op straat gooi nie, maar kyk dat hy gehelp word, verduidelik Zondo.

Vanoggend het Maseko getuig dat hy en Chabane goed oor die weg gekom het.

Zuma het kom getuig dat hy nie aan Chabane opdrag gegee het om Maseko uit die GCIS te verwyder nie, maar miskien was dit dat sy minister nie verder met hom wou saamwerk nie, dit gebeur soms dat 'n minister nie met 'n DG verder kan saamwerk nie. Zuma het gesê sy naam word gebruik indien ministers nie met DG's kan saamwerk nie.

Zondo sê volgens Maseko is hy verwyder en hou dit verband met wat Ajay Gupta aan hom gesê het.

Vanggend is gewys dat Maseko 'n punt van 114% vir sy prestasie-oorsig gekry het. Dit was 'n baie goeie punt. Hy self het nie aangedring om te skuif nie en daar was geen rede om hom te verwyder en te skuif nie.

Zondo sê aan Manyi hy het Maseko vervang en daarom is dit nodig om hom daaroor te vra. Oliphant het ook 'n brief geskryf dat sy Manyi se afdanking terugtrek. Die brief was op 31 Januarie. Dit is in die tydperk toe hy in Maseko se plek aangestel is.

Daarom is daar vrae wat aan hom gevra kan word hieroor. Minister Baloyi het aangedui hy sal kom getuig. Oliphant kom Donderdag getuig. Hulle gaan hieroor gevra word.

Zondo sê daarom wil hulle weet wat Manyi hiervan weet.

06 Nov. 15:15:03

Manyi sê sy skuif het niks te doen met staatskaping nie

Manyi sê die manier wat Hofmeyr inligting gebruik en verdraai is nie reg nie. Manyi sê hy het gesê dat hy geskuif is, daar is nie ander getuienis daaroor nie. Oliphant het ook getuig hy is geskuif.

Indien daar ander inligting is .. ook die brief van Chabane wys hy is verskuif. Die woord verskuif word vier keer in die brief genoem.

Nou is daar nuwe inligting van Oliphant, sy sê in haar brief dat sy besluit het oor die twee keuses wat deur Baloyi aan haar gebied is hoe om Manyi te hanteer. Sy het gekies dat hy verskuif word. Hy sê dit het niks met korrupsie en staatskaping te doen nie. Oliphant moes besluit of hy in haar kantoor moes bly of nie en sy het besluit om hom te skuif.

Manyi sê hy is net 'n pion. Hy sê die kwessie is 'n gewone menshulpbronne-kwessie wat niks te doen het met staatskaping nie.

06 Nov. 15:09:34

Manyi 'is verkeerd' om nou te weier om te getuig

Zondo sê van sy kant af wil hy hê almal moet regverdig behandel word. Hy dink daar is ook sake waar mense dink hulle is onregverdig behandel hoewel hy daarvan verskil. Mense het die reg om 'n eie mening te hê oor die kommissie.

Daar sal tye wees dat hy dink mense word onregverdig behandel, hy sal dan 'n beslissing maak hoe hy dit interpreteer.

Hy sê dat Hofmeyr nie verwys het na die groter raamwerk waaroor Manyi vandag gevra gaan word nie. Sy moet daaroor uitwei.

Hofmeyr sê sekerlik. Sy verwys na die getuienis van Mildred Oliphant, voormalige minister van arbeid, en dat Manyi gedagvaar is om te getuig oor kwessies wat Oliphant genoem het. (Manyi voer aan dit is kwessies wat deur mensehulpbronne beantwoord kan word, dit is nié vir Zondo om te ondersoek nie.)

Hofmeyr sê sedert daar Vrydag met Manyi gekorrespondeer is, het hy intussen geen klagtes gehad nie. Nou vandag wil hy nie getuig nie. Hy is gedagvaar. Indien daar kwessies is waaroor hy nie vrae wil beantwoord nie, kan dit uitgewys word.

Zondo vra wat van Manyi se bewering dat sy tydperk by die departement van arbeid 'n kwessie van mensehulpbronne is, is nie korrek nie. Indien dit so bly dat Manyi vir die kommissie gelieg het, moet dit in belang van die reg uitgewys word. Dit is nié slegs 'n mensehulpbronne of arbeidskwessie nie, dit gaan oor die gebeure oor Maseko se skuif en Manyi wat in sy pos aangestel is.

06 Nov. 14:57:58

Manyi sê hy het die bundel met inligting gevra om voor te berei. Al wat die kommissie aan hom gegee het is sy beëdigde verklaring en addendums daarvan. Verder het hy niks nie.

Hy sê dat hy gedagvaar is met woorde soos dat hy oor spesifieke sake moet getuig asook verwante sake. Manyi sê hy wil weet wat die verwante sake is, dit kan nie net so wye vraag wees wat aan hom gestel word nie.

06 Nov. 14:51:53

Manyi wil nie verder getuig voor die kommissie nie, sê hy is in 'n hoek gedruk om vandag te getuig.

06 Nov. 14:44:30

Manyi sê hy is nie reg om vandag te getuig nie

Manyi sê hy is nie gereed om voor die kommissie te getuig nie. Hy voel of hy in 'n hoek gedruk is om te kom getuig. Hy wil nie dom lyk met al die kameras op hom nie.

Manyi sê die kommissie is nie deursigtig nie. Hy is nie behoorlik ingelig oor waaroor hy gevra gaan word nie. Daar sit advokate met bundels inligting terwyl hy uit sy geheue moet onthou wat in 2012 gebeur het.

Adv. Kate Hofmeyr sê Manyi is nie in 'n hoek gedruk nie. Manyi is ingelig sedert sy vorige getuienis is daar verdere getuienis aangehoor waaroor hy vir sy weergawe gevra gaan word.

06 Nov. 14:39:42

Mzawenele Manyi begin getuig. Hy gaan in 'n tirade in oor die Zondo-kommissie se hantering van hom as potensiële getuie.

06 Nov. 13:28:34

Maseko se getuienis is klaar. Dis sitting verdaag vir middagete tot 14:30.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.