Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Ouditeur-generaal neem SAL-oudits oor, hoor Zondo
  • Die Zondo-kommissie het meer getuienis aangehoor oor die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) se parallelle spesiale eenheid wat gestig is om oudpres. Jacob Zuma te ondersteun.
  • 'n Beampte van die SVA, wat slegs as Mnr. Y geïdentifiseer mag word, het verder getuig.
  • Polani Sokombela, van die kantoor van die ouditeur-generaal, het ook getuig oor die ouditverslae van die SAL.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek die grootskaalse kaping van staatsmagte.
20 Feb. 16:03:26

Die sitting verdaag vir vandag.

20 Feb. 16:03:05

OG ontdek groot geldprobleme by SAL

Sokombela getuig toe die OG die SAL se oudits oorgeneem het was daar lenings wat uitgestel is tot Desember 2016 en daar was nie geld om dit te betaal nie.

Die vorige ouditverslag is in Augustus afgeteken, maar toe die OG die boeke geoudit het, was daar groot uitdagings omdat SAL nie die geld gehad het om die lenings te delg nie.

Dit terwyl die ouditverslag slegs 'n paar maande te vore afgeteken is.

 

20 Feb. 15:40:32

SAL is OG se grootste oudit

Sokombela getuig die OG het 14 000 ure bestee aan die SAL-oudit. Daar was 70 mense van die OG betrokke.

Dit was die grootste oudit wat die OG gedoen het, onthou die SAL is groot met 'n inkomste van sowat R30 miljard, sê Sokombela.

Hy getuig die OG kry nie toegedeelde fondse vanaf tesourie nie. Kliënte word 'n rekening gestuur. Met SAL is die entiteit nie 'n rekening gestuur nie, omdat die OG dit beskou het as 'n leerkurwe vir sy werknemers om by so 'n groot oudit betrokke te raak.

20 Feb. 15:18:02

Die ouditeur-generaal Kimi Makwetu het besluit om self betrokke te raak by die SAL-oudits omdat dit so omvangryke taak is, sê Sokombela.

20 Feb. 15:16:17

OG neem oudit van SAL-boeke oor

Sokombela getuig dat die destydse minister van finansies, Nhanhla Nene, versoek het dat die OG die oudit van SAL vir die 2015/'16-boekjaar moet oorneem.

Nene het die versoek gerig nadat Nkonki probeer het om alleen-ouditeurs van die SAL te word. Dit het vrae laat ontstaan by amptenare en daar is besluit dat die OG die SAL se boeke moet oudit.

Nene het in Augustus of September 2015 aan die OG geskryf en gevra dat die OG die oudit van die SAL moet oorneem.

Sokombela sê daar is 'n risiko-analise gedoen en die OG het besluit die oudit kan nie vir die 2015/'16-boekjaar teruggeneem word nie, maar wel vir die 2016/'17-boekjaar.

In die 2016-boekjaar was Nene nie meer die minister nie, maar dit was Pravin Gordhan.

By die SAL se algemene vergadering in 2016 het die direksie 'n besluit geneem om die OG te vra om die SAL se boeke te oudit. Dit is hoe dit gebeur het dat die OG begin het om die SAL se boeke te oudit.

20 Feb. 15:08:48

Ouditeurs word vertrou, sê OG-beampte

Sokombela sê die SAL se oudits is gedoen deur een van die vier groot ouditeursfirmas in die land, PwC, en 'n mediumgrootte firma, Nkonki.

Daar was geen rede om die skoon oudits te bevraagteken wat PwC en Nkonki vir SAL gegee het nie.

Wanneer ouditeurs 'n oudit onderteken, voeg hulle hul naam daarby, sê Sokombela. Die OG bied oorsig maar dit is beperk, die ouditeurs word gereguleer en daar word verwag dat die firmas aan die regulasies vir ouditeurs voldoen. Hulle is professioneel en dit is nie gepas om hul werk na te gaan nie.

20 Feb. 14:53:31

Ouditeur verduidelik oudit-terminologie

Sokombela getuig soos hy dit verstaan het die PwC en Nkonki in di ejare wat die die SAL geoudit het, ongekwalifiseerde oudits gegee - dit is wanneer die ouditeur dink daar staan niks uit wat onreëlmatig kan wees nie.

Sokombela verduidelik die verskil tussen 'n ongekwalifiseerde en gekwalifiseerde oudit. In die geval van gekwalifiseerde oudits beteken dit daar is sekere kwessies wat kommer wek vir die ouditeure.

Dit is om te sê alles lyk goed máár daar is sekere goed wat kommer wek vir die ouditeurs.

20 Feb. 14:45:03

Sokombela sê nadat die OG deur die SAL ingelig is dat PwC en Nkonki op 'n 50/50-basis as ouditeurs heraangestel sou word ingevolge die besluit van die SAL-direksie, het die OG ingestem hiertoe.

20 Feb. 14:36:12

SAL wou Nkonki alleen aanstel as ouditeur

Sokombela getuig dat die SAL-direksie op 9 Desember 2015 'n resolusie geneem het dat PwC en Nkonki op 'n 50/50-basis heraangestel sou word.

Dit het gevolg nadat die OG vrae gehad het oor 'n vorige besluit in Julie van dié jaar dat Nkonki voortaan as die enkel-ouditeur aangestel sou word hoewel die eerste tender aan PwC en Nkonki gesamentlik gegaan het.

Die SAL wou Nkonki vir 'n tydperk van 5 jaar aanstel, maar Sokombela se terugvoer aan die SAL was dat dit onwettig sou wees.

20 Feb. 14:17:23

Só is SAL se ouditeurs aangestel

Sokombela getuig verder na middagete. Hy getuig oor die 2015/'16-boekjaar.

Hy sê in 2016 het Nkonki Incorporated gevra om die oudit van SAL oor te neem.

Die OG het die skriftelike bewys van die resolusie van die minister versoek wat Nkonki as die ouditeurs goedgekeur het. Ook die resolusie wat die SAL-direksie geneem het waarin Nkonki se aanstelling goedgekeur word is deur die OG gevra. Die direksie het op 'n vergadering op 10 Julie 2015 Nkonki se aanstelling goedgekeur.

Die SAL het die dokumentasie verskaf van die direksie se besluit toe die OG gevra het vir bewyse dat die regte prosedure gevolg is.

Sokombela sê die OG het die aanstelling ondersoek en kon nie vasstel of dit voldoen aan beleid nie. Daar kon ook nie bepaal word of die SAL voldoen aan sy eie beleid vir die aanstelling van eksterne ouditeurs nie.

Sokombela sê dit het duidelik geword dat die SAL nie 'n beleid het vir die aanstelling van eksterne ouditeurs nie, want daar is slegs 'n eksemplaar van die verkrygingsbeleid aan die OG oorhandig.

Die SAL het ook die tenderdokumente aangestuur van hoe PwC in die 2011/'12-boekjaar saam met Nkonki as die eksterne ouditeurs aangestel is.

Meer oor:  Politiek  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.