Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Mnr. X vrees vir lewe na Myeni bel - Zondo
  • 'n Sakeman van KwaZulu-Natal, wat slegs as Mnr. X geïdentifiseer word, het verder voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek getuig.
  • Mnr. X het getuig hoe Dudu Myeni aan hom opdrag gegee het om geld wat vanaf haar seun se besigheidsrekening aan hom oorbetaal is, onder meer aan die Jacob Zuma-stigting te betaal.
  • Hy het getuig hoe hy ingesleep is by die skep van vals fakture vir betalings.

LEES OOK: Mnr. X’ vrees wraak oor Dudu Myeni-getuienis 

Volg die regstreekse dekking hier.



18 Feb. 10:26:28

Hofmeyr verwys nou na 'n beëdigde verklaring wat verwys na Klomac Ingenieursdienste en dié maatskappy se betrokkenheid by die Mhlathuze-waterraad.

18 Feb. 10:14:28

Adv. Kate Hofmeyr ondervra Mnr. X.

18 Feb. 10:13:21

Kommissie kry ekstra inligting oor hoe geld versprei is

Mnr. X getuig dat daar op 26 Januarie 2015 altesame R2,3 miljoen in sy maatskappy se rekening inbetaal is.

Sy onderneming het twee rekeninge, hy het 'n geldmarkrekening gebruik om die geld in te betaal, sodat hy weet watter geld sy eie onderneming se inkomste is en dié wat hy in opdrag van Majola gekry en uitbetaal het.

In een geval moes hy R1 miljoen inbetaal in die rekening van Sifezo Konke-konstruksiemaatskappy. Dit is een van die opdragte wat hy vanaf Majola gekry het en hy het nie dié maatskappy geken of sake met hulle gedoen nie.

Hofmeyr sê die kommissie het nog inligting gekry van die web van maatskappye wat gebruik is in die proses om die geld te was.

18 Feb. 10:00:57

Ingenieur van Mhlathuze-waterraad het ook kontant gevra

Mnr. X getuig oor die betrokkenheid van Mboniseni Majola, 'n ingenieur by Mhlathuze-waterraad in Richardsbaai, om sy konstruksiemaatskappy se bankrekening te gebruik.

Mnr. X verduidelik hoe die geld oorbetaal is en ook dat Majola soms kontant ook gevra het.

18 Feb. 09:48:51

Mnr. X getuig verder.

Hy het 'n aansoek gebring dat sy identiteit beskerm word.

Adv. Kate Hofmeyr vra Mnr. X wat die prosedure was wanneer geld in sy rekening betaal is en wat dan verder gebeur het.

Mnr. X het Maandag getuig hy is 'n sakeman van KwaZulu-Natal en sy konstruksiemaatskappy se rekening is gebruik as deel van geldwassery.

Meer oor:  Staatskaping  |  Dudu Myeni  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.