Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Giftige plante groei op Vrede-melkplaas, hoor Zondo

  • Die grootskaalse korrupsie met die Vrystaatse Estina-suiwelprojek word verder voor die Zondo-kommissie ondersoek.
  • 'n Begunstigde van die Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat het Dinsdag aan die Zondo-kommissie gesê kleinboere is elk 10 melkkoeie beloof asook 52% aandele in dié projek, maar daarvan het hulle niks gesien nie.
  • Die Vrystaatse regering het meer as R200 miljoen aan Estina, 'n Gupta-verwante maatskappy, betaal om die Vrede-suiwelprojek te bestuur.
  • Die einde van die uitgawes aan die mislukte projek is steeds nie verby nie en die Vrystaatse regering betaal glo steeds maandeliks R1 miljoen aan 'n maatskappy om die tussen 120 en 160 melkkoeie te melk.
  • Die Zondo-kommissie ondersoek die wydlopende korrupsie in die staatsdiens.
23 Jul. 17:12:20

Die sitting verdaag en sal weer Woensdag om 9:30 voortgaan.

23 Jul. 17:09:15

Giftinge plante op Vrede-melkplaas opgemerk, word getuig

Dhlamini getuig nou oor 'n vergadering met Mmusi Maimane, leier van die DA by die melkplaas. Daar was ook gemeenskapslede van Warden by.

Hulle is voorgekeer deur sekuriteitswagte en kon nie by die Vrede-melkplaas ingaan nie. Maimane kon wel ingaan. Daar was 'n groot groep mense wat buite gewag het.

Dhlamini sê hy het 'n trekker op die perseel erken wat die departement van landbou aan die gemeenskap van Vrede gegee het. Hy het opgemerk daar is plante op die plaas wat giftig is vir beeste. Daar was 'n klomp van die plante in die veld. Dit is 'n indringerplant.

Daar was 'n karkas van 'n bees wat in die veld gelê het.

Dhlamini sê dit is toe hy besef het die standaard van die bestuur van die plaas is nie goed nie. In daardie stadium het die Vrystaatse-ontwikkelingskorporasie die plaas bestuur.

Hy het ook opgemerk die melkkoeie was baie oud en sou nie meer baie melk lewer nie.

23 Jul. 16:27:59

Klaers oor Vrede-melkplaas was 'soos die geraas van paddas'

Dhlamini getuig nou oor nog 'n vergadering, Mamiki Qabathe, LUR vir landbou. Sy het aan die begunstigdes gevra hoekom hulle na die media gegaan het. Sy het gesê daar is mense wat geluide maak soos paddas, en dat hulle geïgnoreer sal word.

Dhlamini sê dit was nie 'n goeie vergadering nie. Soos hy verstaan was hy een van die mense na wie Qabathe verwys het.

Die doel van die vergadering was nie duidelik nie, behalwe die aspek dat hulle na die media gegaan het.

23 Jul. 16:22:11

Die sitting duur voort.

23 Jul. 16:16:12

Daar is 'n kort verdaging.

23 Jul. 16:04:03

Dhlamini verwys nou na 'n vyfde vergadering.

Die vergadering is deur Magashule byeengeroep, getuig Dhlamini. Dit is by die stadsaal in Vrede gehou.

Dhlamini sê die vergadering het nie gebeur nie, maar daar was busse beskikbaar bestel wat die begunstigdes en lede van die ANC-vroueliga na die Vrede-suiwelplaas geneem het.

Van die begunstigdes kon nie in die busse inpas nie, want dit was vol met die vroue van die ANC-vroueliga.

Magashule en Zwane was daar. Daar was nie 'n vergadering gehou nie. Daar is kos bedien en toe is almal weer weg van die plaas af.

23 Jul. 15:47:01

Daar word nou na 'n vierde vergadering verwys wat in 2014 plaasgevind het.

Meyer het gesê sy is deur Ace Magashule (toe die Vrystaatse premier) gestuur, volgens Dhlamini.

Dhlamini word gevra of dit by die vergadering waas dat hulle meegedeel is die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie gaan die Vrede-suiwelprojek oorneem.

Dhlamini sê dit sou nog gebeur het.

Hy getuig na die vergadering met Meyer is daar mense aan hulle voorgestel wat die plaas bestuur. Dhlamini het dit duidelik gestel daar mag nie nuwe begunstigdes aangewys word nie, daar is reeds 'n lys van begunstigdes.

23 Jul. 15:33:16

Klagtes oor 'Guptas' by Vrede-suiwelplaas

Dhlamini word nou gevra oor 'n Imbizo by Frankfort. Zwane was daar en ook 'n plaaslike radiostasie.

Dhlamini wou die kwessie van die Vrede-melkplaas daar opper. Hy het sy hand opgesteek en het die geleentheid gehad om oor die Vrede-projek vrae te vra. Hy het gesê daar was Indiër mense by die Vrede-plaas, dit was die Guptas. Ek het 'n probleem gemaak om te verstaan wat hulle gepraat het. Hulle het nie engels of Sotho gepraat nie.

Gcabashe vra of Dhlamini spesifiek na die Guptas verwys of na 'n groep mense.

Dhlamini sê hulle is ingelig dit is die Gupta-familielede en dat daar familielede van die Guptas is wat aan die Vrede-suiwelprojek werk. Dit is mense wat op die melkplaas werk en ook in die plaaslike woonbuurt bly, wat gesê het daar is Guptas wat by die melkplaas werk.

Dhlamini sê hy het die kwessie genoem dat hul ID's gebruik is om die geld te kry vir die melkplaas, maar dat hulle as begunstigdes niks gekry het nie. Daar is geld uitbetaal, die plaas is funksioneel, maar hulle kry nie enige geld nie. Hulle is nie na Indië geneem vir opleiding nie. 

Minister Senzeni Zokwana, minister van landbou, was by die vergadering. Hy het gesê dat Dhlamini verkeerdelik na die projek verwys het. Die minister wou nie gehad het dat Dhlamini na die mense verwys as Guptas nie.

 

23 Jul. 15:05:41

Dhlamini getuig hulle is een Vrydag gevra om hul identiteitsboekies saam te bring, hulle het 'n vergadering gehad waar Dhlamini aan die mense gesê het hulle moenie hul ID's ingee nie.

Dhlamini sê hy het gehoor die geld is reeds beskikbaar gestel en nou wil Pretoria weet wie die begunstigdes is. Hy was in 'n vergadering in Bethlehem en het gehoor daar was 'n bakleiery in die binnekring oor die suiwelprojek en dat geld reeds uitbetaal is.

Zondo vra of die regering van Pretoria 'n lys wou gehad het van die begunstigdes of hul ID's of albei.

Dhlamini sê 'n lys van die name.

Die groep mense het hul ID's gegee dat daar 'n afskrif gemaak kan word. Dit is deur Alta Meyer (streeksdirekteur van die departement van landbou) gedoen.

Meyer het by 'n latere geleentheid aan die groep begunstigdes vorms gegee om te teken.

23 Jul. 14:56:09

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.