Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Eskom se voorafbetaling aan Guptas nooit tevore só gedoen

  • Die Zondo-kommissie van ondersoek hoor nog getuienis aan oor Eskom se kontrak met die Guptas se Optimum-steenkoolmyn.
  • Die kommissie fokus nou op Eskom en die druk wat daar op amptenare geplaas is om onreëlmatige kontrakte en betalings deur te voer wat die land miljarde rande gekos het.
  • Intussen het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) Donderdag gewaarsku hy kan sy eie ondersoek na die bestuursfoute by Eskom instel.
  • Dit volg op Nersa se besluit Donderdag om aan Eskom 'n tariefverhoging van onderskeidelik 9,4%, 8,1% en 5,2% oor die volgende drie boekjare toe te staan. Dit kom neer op 'n inkomste van R102 miljard minder as waarvoor hy gevra het.

08 Mrt. 16:25:05

Opperman se getuienis gaan Maandag voort.

Die sitting begin Maandag om 9:30.

Die sitting verdaag.

08 Mrt. 16:21:08

Eskom-beampte het voorafbetaling aan Tegeta in twyfel getrek

Maleka vra indien Opperman meer wou sê oor wat hy geleer het van alles, kan hy dit in 'n aanvullende beëdigde verklaring doen.

Zondo vra met die inligting wat Opperman in daardie stadium voor hom gehad het, was daar enige aanduiding dat dit 'n voorafbetaling was.

Opperman het gesê hy het geweet die betaling is ongewoon, daarom het hy getwyfel hieroor.

Zondo sê so hy was bekommerd omdat hy geweet het daar was nie enige steenkool gelewer vir die rekening wat betaal moet word nie.

Operman sê dit is reg.

Zondo vra hoe gereed het hy te doene gekry met voorafbetalings deur Eskom. Opperman sê in sy 9 en 'n halwe jaar in daardie pos was dit die eerste keer. Hy het ook nie daarna weer so iets gesien nie.

Opperman sê hy teken verskeie betalings elke maand en dit was die eerste keer dat hy so iets gesien het, daarom het hy met sy senior daaroor gaan praat.

08 Mrt. 16:15:37

Papierwerk vir voorafbetaling aan Tegeta gedoen nadat Eskom dit reeds betaal het

Opperman sê hy het die eerste keer gehoor van 'n voorafbetaling aan Tegeta. Hy het daarvan gehoor en aan 'n kollega gesê hy weet nie daarvan nie, daar moet meer inligting verkry word.

Hy het die dokument geteken nadat Nagar genoem het die betalingsbesonderhede van die Brakfontein-myn moet gebruik word vir die betaling aan Tegeta.

Maleka sê so daar is opgetree sonder Opperman se toestemming.

Opperman sê hy kan nie 'n antwoord gee nie. Dit is vir hom 'n bron van kommer.

Maleka vra of Opperman die tyd toe hy die oordrag van geld moes onderteken nie daaroor bekommerd was nie.

Opperman sê hy was bekommerd, maar is ingelig dat die Eskom-raad die betaling goedgekeur het.'In daardie stadium was die betaling ook reeds gedoen.

Maleka sê dit lyk of Opperman papierwerk by Eskom gedoen het nadat die transaksie afgehandel is.

Opperman sê toe hy die transaksie gedoen het was daar nie 'n bestelnommer nie. Daar is 'n voorafbetaling gedoen aan die Brakfonteinmyn wat die verkeerde kontrak was. Hy het die papierwerk gedoen om dit reg te stel dat dit wys dit is aan Tegeta gedoen.

Maleka sê Opperman het dus die papierwerk na die tyd gedoen.

Opperman sê ja.

 

08 Mrt. 16:00:30

Tegeta stuur Hendrina-kragstasie se steenkool vir duurder prys na Arnot-kragstasie

Maleka lees uit Opperman se verklaring wat sê dat Optimum-myn nie die nodige steenkool aan Hendrina kon verskaf nie, maar wel aan die Arnot-kragstasie.

Maleka sê vanaf Januarie tot September 2016 was daar korttermyn ooreenkomste tussen Eskom en Optimum om steenkool aan die Arnot-kragstasie te verskaf en dit terwyl Optimum in daardie tyd nie eers genoeg steenkool aan die Hendrina-kragstasie kon verskaf nie.

Maleka vra of een van die redes waarom hy bekommerd was die prys van steenkool was wat Tegeta sou gekry het om aan Arnot=kragstasie steenkool te voorsien as by die Hendrina-kragstasie.

Maleka vra of dit beteken dat Eskom 'n steenkool verskaffer toelaat om steenkool te versien aan die kragstasie waar dit die beter prys sou kry.

Zondo vra of Eskom nie die kontrak moes aangegaan het met Tegeta nie?

Opperman sê Hendrina het in daardie stadium steenkool vir 52 dae gehad. Maar teen die einde van die periode in September was Hendrina se voorraad op 29 dae. Dit was baie duidelik dat die steenkool wat veronderstel was om na Hendrina te gaan, na die Arnot-kragstasie gegaan het.

08 Mrt. 15:52:10

Maleka verwys nou na die Arnot-kragstasie en sê dit kom van die Optimum-myn af. Hy vra of dit voldoen het aan die spesifikasies vir Arnot.

Opperman sê ja dit het voldoen.

Hy bevestig ook dat die steenkool per vragmotor vervoer sou word. Die koste is ongeveer R488 per ton.

Maleka sê as dié steenkool na Hendrina verskaf sou word, sou dit baie minder per ton wees.

Opperman sê mens moet in ag neem dit is 'n ander kwaliteit.

Opperman wys uit die prys vir daardie tyd was R469 per ton.


08 Mrt. 15:44:08

Eskom het Guptas se Tegeta-probleme geldelik gedra'

Maleka sê dit is baie duidelik dat een stel eienaars heeltemal anders behandel is deur Eskom as 'n ander stel eienaars.

Opperman sê dit is so.

Maleka vra dat Opperman moet kommentaar lewer dat hy saamstem dat Eskom die finansiële probleme van Optimum gedra het nadat Tegeta oorgeneem het.

Opperman sê ja.

Maleka sê die probleme was duidelik sigbaar toe Tegeta die myn oorgeneem het. Dit was nie nuwe probleme nie.

Opperman sê dit is so.

08 Mrt. 15:40:02

Maleka verwys nou na die besigheidsredding van Optimum en sê die gronde vir die proses is weens banke wat nie meetr met Optimum wou besigheid doen nie. Hy vra of Optimum ander bankrekeninge gehad het as Tegeta en Oakbay.

Opperman sê hy weet dit was nie 'n Optimum-rekening nie, maar dit was 'n Tegeta-rekening. 

08 Mrt. 15:31:55

Maleka wys uit slegs omdat daar 'n nuwe eienaar is, word daar nou 'n baie gunstiger kontrak gesluit vanaf Eskom se kant af.

Opperman sê dit is korrek.

08 Mrt. 15:21:26

Maleka sê histories was daar probleme met die verskaffing van steenkool toe die Optimum-myn nog in die besit van Glencore was.

Eskom het dus dieselfde probleme geërf vanaf die myn, maar was bereid om 'n nuwe kontrak met Tegeta te onderhandel toe dit die myn oorgeneem het.

08 Mrt. 15:19:10

Optimum verskaf te min steenkool aan Hendrina-kragstasie, tweede myn moet ingryp

Opperman verwys nou na n dokument waarin genoem word dat die Hendrina-kragstasie slegs 25,2 dae se steenkool voorraad het.

Dit is 'n versoek om bykomende steenkool te verkry vir Hendrina-kragstasie.

Dit was in 'n tyd toe Eskom geldelike probleme gehad het. Dit was Oktober en steenkool was nodig voor die reënseisoen asook die Desember-reses, getuig Opperman,

Dit is om steenkool per vragmotor na die Hendrina-kragstasie te vervoer vanaf 'n tweede myn om die voorraad tot 30 dae te verhoog.

Dit was 'n versoek om steenkool elders te verkry as van die Optimum-myn.

Opperman sê ja dit was om die hoeveelheid steenkool van 'n ander myn wat in 'n mindere mate steenkool aan Hendrina verskaf, te verhoog.

Opperman sê die ooreenkoms is goedgekeur. Dit is deur Edward Mabelane namens Matshela Koko ondereteken met 'n beperking op die hoeveelheid steenkool wat op dié manier verkry kan word.

Maleka sê so in daardie stadium is daar 'n kontrak met Optimum-myn om 'n sekere hoeveelheid steenkool te verskaf, en dat daar 'n ekstra kontrak met 'n ander myn aangegaan is om te verseker dat die tekort uitgewis word.

Maleka wil weet of die tekort was omdat Optimum nie genoeg steenkool kon lewer nie.

Opperman sê Optimum was in sakeredding en het gewoonlik sowat 458 kiloton steenkool per maand gelewer, maar het in daardie stadium slegs tussen 300 en 400 kiloton per maand gelewer.

Maleka sê so dit was weens die tekort aan steenkool weens Optimum.


Meer oor:  Eskom  |  Staatskaping  |  Raymond Zondo  |  Johannesburg  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.