Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Vrede-melkplaas was nie haalbaar, hoor Zondo

  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sit weer ná 'n reses van twee weke.
  • Verdere getuienis oor die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat is aangehoor.
  • 'n Amptenaar van die Vrystaatse landboudepartement het laatmiddag op 'n Vrydag (15 Junie 2012) aangedring dat daar dadelik R30 miljoen aan die Estina-maatskappy betaal word vir die Vrede-melkprojek, is Maandag getuig.
  • Die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek bewerings van wydlopende korrupsie in die staatsdiens.
12 Aug. 16:57:23

Maree se getuienis is klaar.

Die sitting verdaag tot 9:30 Dinsdagoggend.

12 Aug. 16:54:00

Molefe vra aan Maree of die departement 'n redelike besluit kon neem oor die haalbaarheid van die Estine-melkplaas, in ag genome die inhoud van die haalbaarheidstudie.

Maree sê met 'n finansiële agtergrond en basiese kennis oor landbou kon hulle nie 'n besluit neem as 'n mens al die foute in die studie in ag neem nie.

12 Aug. 16:35:52

Maree getuig die feit dat daar berekeninge gedoen is dat 45 liter per dag per koei gemelk sal kan word, is die groot fout wat gemaak is om die haalbaarheidstudie se syfers te bepaal.

12 Aug. 15:41:10

Waarom het studie sneeu-beheer ingesluit, vra landbou-ekonoom

Maree getuig daar is in die haalbaarheidstudie genoem dat sneeu-beheer belangrik is, maar as in ag geneem word waar die melkplaas geleë is by Vrede, is dit nie 'n faktor nie.

Maree sê dit lyk asof die haalbaarheidstudie uit 'n Europese studie aangehaal is, waar sneeu wel 'n faktor sou wees.

12 Aug. 15:34:58

Nie genoeg water op die Vrede-melkplaas, getuig landbou-ekonoom

Maree getuig oor die ekonomiese haalbaarheidstudie wat gedoen is en noem daar moet 'n behoorlike kudde-struktuur wees om seker te maak die melkproduksie is suksesvol.

Indien jy 500 koeie in produksie het, moet jy 'n kudde van sowat 1 050 hê.

Molefe sê hulle het gehoor dat 100 koeie gevrek het.

Maree sê op enige plaas sal dit 'n groot impak op die kudde-struktuur en die inkomste hê.

Oor die keuse van die perseel van die melkplaas , getuig Maree die haalbaarheidstudie moet insluit dat daar voldoene skoon drinkwater is en ook water om die koeie af te koel en die melkery-toerusting skoon te was.

Daar was nie voldoende water daarvoor nie en dit is een van die fundamentele foute van die haarlbaarheidstudie, getuig Maree.

Molefe stel dit dat 'n jaar se watervoorraad nodig is.

12 Aug. 15:25:22

Die sitting gaan voort. Maree getuig verder.

12 Aug. 15:11:01

Die sitting verdaag vir 5 minute.

12 Aug. 15:09:36

Maree getuig weer op die een bladsy word daar in die laaste paragraaf verwys na 500 melkkoeie, net om in die volgende paragraaf bo aan die volgende bladsy na 1 000 koeie te verwys.

Hy sê dit is sy mening dat die sakeplan nié realisties is nie en herondersoek moet word.

12 Aug. 14:57:11

Eers is dit 500 melkkoeie, op volgende bladsy 1 000 melkkoeie

Maree getuig die sakeplan vir die Vrede-melkplaas maak nie sin nie. In een stadium word daar van 500 melkkoeie gepraat, dan op die volgende bladsy 1 000 melkkoeie.

Die aannames in die sakeplan is nie realisties nie. Veral ook die 45 liter melk wat daar glo gekry sou word per melkkoei, getuig Maree.

Zondo sê moes daar nie gevra word hoe kan die sakeplan eers van 500 en dan 1 000 melkbeeste praat nie. Dit wys die persoon wat dit gedoen het, weet glad nie wat hy doen nie. Dit gaan oor baie geld wat belê gaan word en die persoon kan nie die basiese regkry nie.

Maree sê dit is korrek.

12 Aug. 14:47:26

Estina-koeie sou amper dubbel soveel melk per koei lewer as die basiese gemiddeld

Maree sê die sakeplan vir die projek beslaan ses bladsye.

Volgens die plan is die melkkoeie te duur, soos hy reeds na verwys het - R25 000 teenoor die meer aanvaarbare R15 000 wat in daardie stadium vir melkkoeie betaal is.

Die gemiddeld van 45 liter melk per dag wat daar per koei beplan is, is te hoog. Waar daar goeie versorging van melkkoeie is, is daar sprake van gemiddeld 20,1 liter melk per dag van elke koei. In die Middellande van Natal en die kusgebiede van die Oos-Kaap produseer koeie gemiddeld tussen 18 liter en 22 liter melk per dag.

Zondo sê as die plan deur kundiges saamgestel is, sou 'n mens verwag dat dit korrek aangedui sou word.

Maree stem saam daarmee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.