Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Vrede-melkplaas was nie haalbaar, hoor Zondo

  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sit weer ná 'n reses van twee weke.
  • Verdere getuienis oor die Estina-suiwelprojek by Vrede in die Vrystaat is aangehoor.
  • 'n Amptenaar van die Vrystaatse landboudepartement het laatmiddag op 'n Vrydag (15 Junie 2012) aangedring dat daar dadelik R30 miljoen aan die Estina-maatskappy betaal word vir die Vrede-melkprojek, is Maandag getuig.
  • Die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, ondersoek bewerings van wydlopende korrupsie in die staatsdiens.
12 Aug. 14:36:13

Maree word nou gevra oor sy mening oor die sakeplan vir die Vrede-melkplaas.

Daar word genoem dat so 'n projek by Vrede die geleentheid bied vir omliggende graanboere om die veevoer te verskaf vir die melkkoeie.

12 Aug. 14:32:47

Maree word gevra oor sy gevolgtrekking oor die behoefte wat daar was vir die projek soos in die voorstel aangedui.

Hy antwoord 'n landbou-ekonoom, dierekundige met kennis oor die voeding van die melkbeeste, 'n bemarker in  die melkmark (want dit is 'n moeilike mark in Suid-Afrika) asook 'n kenner oor die prosessering van melk sal nodig wees om 'n volledige studie te kon doen oor die behoefte aan die projek by Vrede.

12 Aug. 14:29:12

Zondo vra hoekom die staat by melkproduksie betrokke moes raak?

Molefe sê die projek is voorgestel omdat dit 'n ekstra inkomste kan bring, melk 'n gesonde produk is en dat daar gespaar kan word op die invoerkoste van melkprodukte.

Maree sê kleinskaalmelkerye is nie kommersieel volhoubaar nie. Dis ietwat wensdenkery dat dit 'n volhoubare inkomste sou bied vir kleinboere. Veral in ag genome dat daar genoem is dit sou werk verskaf aan 600 mense.

Oor die feit dat melk 'n stapelvoedsel kan wees, soos in die geval van Europa, moet onthou word Afrika is nie Europa nie, hier is ander voorkeure vir stapelvoedsel.

Die enigste voorstel van die projek wat moontlik is, is dat daar gespaar kan word op die invoer van melkprodukte uit die buiteand.

Zondo vra of daar enigiets is wat dit regverdig dat die staat daarby betrokke moet wees. Dit kon mos deur private mense gedoen word as dit volhoubaar is. Hy sien geen rede daarvoor nie.

Maree sê hy stem saam met Zondo.

Op 'n vraag van Molefe of Maree dink die voorstel is regstreeks uit 'n Europese geskrewe stuk aangehaal (copy en paste), antwoord Maree ja, hy dink so.

Hy dink nie daar is 'n in diepte-kosteberekening gedoen vir die Vrede-melkplaas nie.

12 Aug. 14:20:48

Maree getuig oor die voorstel vir die projek.

12 Aug. 14:19:41

Adv. Refiloe Molefe lei David Maree se getuienis.

12 Aug. 14:11:47

Verskille van honderde miljoene rande maak nie sin

Maree sê daar was ook 'n ander voorstel vir 'n tydperk van drie jaar, ingevolge waarvan die regering R342 miljoen sou betaal en Estina R228 miljoen.

Dit teenoor die ander voorstel dat die regering R500 miljoen en Estina R500 miljoen oor 'n tydperk van vyf jaar sou betaal.

Zondo vra hoe daar dan sulke verskille kan wees?

Maree sê hy het die idee gekry dat die voorstel bloot 'n oefening is wat agter 'n lessenaar gedoen is, dat dit in 'n baie kort tyd gedoen is en dat die persoon wat dit gedoen het, nie veel van melkproduksie af weet nie.

Maree sê sy getuienis gaan oor drie dokumente wat hy onder oë gehad het, die voorstel vir die Estina-projek, die projekplan en die volhoubaarheidstudie.

Maree sê as die projek geïmplimenteer is soos wat die voorstel was, kon dit 'n sentrum van uitmuntenheid geword het waar mense kon leer oor melkproduksie. Vrede was egter nie die regte plek om die projek op die been te bring nie. Daar is ander plekke in die land waar dit meer werd sou wees.

12 Aug. 14:07:31

R500 miljoen van regering gevra vir melkery

Maree sê volgens die sakeplan moes die staat jaarliks R100 miljoen gee vir 'n tydperk van vyf jaar sodat die Estina-projek ''ekonomies lewensvatbaar sal wees".

Dit was terwyl die Estina-maatskappy die projek so befonds.

Dit maak nie sin nie, want indien daar R500 miljoen nodig is, is die projek mos nie ekonomies lewensvatbaar nie, getuig Maree.

12 Aug. 14:03:41

Landbou-ekonoom sê dit is vaag watter melkery-masjinerie beoog is vir R15 miljoen

Maree getuig die prys wat in die sakemodel genoem is vir die melkkoeie vir die Vrede-melkplaas was heeltemal te duur en bo die gemiddelde norm.

Daar is R25 000 vir elke koei begroot, terwyl dit prys in daardie stadium net R15 000 per koei was.

Vir die een deel van die melkery is daar R5 miljoen begroot.

Daar is egter geen besonderhede van die koste uiteengesit nie, soos of dit die gebou insluit of nie.

Daar is aangedui 'n bykomende R15 miljoen is ook vir toerusting, maar dit is nie aangedui watter toerusting dit is nie. Vir R15 miljoen kan 'n mens 'n heel moderne melkery inrig, sê Maree.

Maree sê dit is baie moeilik om te kan sê wat by die pryslys ingesluit is, want dit word nie aangedui nie.

12 Aug. 13:51:29

Die sitting gaan voort met die getuienis van David Maree.

Die getuienisleier is adv. Refiloe Molefe.

12 Aug. 12:45:16

Adjunkhoofregter Zondo sê soos hy verstaan is daar nog 'n uur of twee nodig vir Maree se getuienis.

Hy sê daar gaan nou vir middagete verdaag word. Maree kan dan ná ete getuig tot sy getuienis klaar is.

Die sitting verdaag tot 13:45.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.