Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Getuie sê Zuma het voor Zondo gelieg
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se sittings vir 2020 begin met die nuus dat oudpres. Jacob Zuma steeds te siek is om te getuig.
  • Zuma se regspan het met dié nuus 'n stokkie gesteek voor die kommissie se regspan se plan om 'n aansoek te bring dat 'n bevel gemaak word om Zuma te dwing om te getuig.
  • Die getuienis van lt.kol. Christine Anderson, voorheen verbonde aan die Suid-Afrikaanse Lugmag op die Waterkloof-lugmagbasis, is ook aangehoor.
  • Die kommissie ondersoek staatskaping in die tydperk toe Zuma president was en die Guptas se betrokkenheid daarby.
14 Jan. 16:25:12

Die kommissie verdaag tot 10:30 Woensdag.

14 Jan. 15:07:12

So moes mense 'met kontrakte gehelp word'

Volgens Simons het Zuma aan Chabane gevra om 'n paar jong mense te help met hul besigheidsplanne. Chabane het Simons gevra om te luister wat die jongmense wil hê, maar hulle op 'n afstand te hou.

Een van die jong mans in daardie stadium (Maart 2014) was ene Nqondisi Zuma. Hy gebruik ook sy ma se van, Mathembu.

Simons sê hulle wou kontrakte met die regering sluit om die sleutel-diensverskaffer te wees om selfoonkontrakte van staatsamptenare te bestuur. Dit moet in ag geneem word Die groep jongmense wou ook die advertensiestelsel van die regering se GCIS te bestuur.

14 Jan. 14:32:18

Simons voer aan dat Zuma op 22 Junie 2016 vir die parlement gelieg het deur te sê hy het nooit 'n familielid gehelp om 'n kontrak te bekom nie.

Simons sê Zuma is gevra of hy sy seun Duduzane Zuma of enige iemand anders gehelp het.

Volgens Simons is dit nie waar nie. Hy het 'n beëdigde verklaring afgelê en aan die leierskap van die ANC asook die parlement gestuur dat Zuma nie die waarheid praat nie.

14 Jan. 14:21:43

Brent Simons, voormalige woordvoerder van Colins Chabane, gaan ook nou getuig.

Hy was vroeër by die kommissie om te getuig maar omdat die kennisgewing oor wat hy oor Zuma sou getuig nie betyds uitgestuur is nie, kan hy nou eers getuig.

14 Jan. 14:18:12

Oud-raadgewer sê Zuma het gelieg voor Zondo

Shingange was 'n raadgewer vir wyle Collins Chabane, voorheen minister in die presidensie.

Hy getuig oor Themba Maseko wat as direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en- inligtingstelsel (GCIS) deur Chabane geskuif is.

Chabane het aan Shingange gesê hy is opdrag gegee om Maseko te skuif.

Wentzel wys uit dat oudpres. Jacob Zuma voor die kommissie getuig het dat Chabane vir Maseko as direkteur-generaal verskuif het.

Shingange sê 'n klomp mense het hom gebel nadat Zuma getuig het en gevra het of dit moeilik is dat Chabane vir Maseko sou skuif sonder dat Zuma daarvan geweet het. Shingange sê dit kan nie so wees nie want dit is toe die taak van die president - en dit is die rede waarom hy nou voor die kommissie is om daaroor te getuig. Dit is ook nie die karakter van Chabane om dit te doen nie.

Sy getuienis is klaar.

14 Jan. 14:08:57

Adv. Susan Wentzel lei die getuienis van Ronald Shingange.

14 Jan. 14:06:47

Die sitting gaan voort met 'n nuwe getuie.

14 Jan. 12:53:02

Die sitting verdaag tot 14:00

Vanmiddag sal daar nog 2 getuies geroep word.

14 Jan. 12:51:55

Anderson het klaar getuig.

14 Jan. 12:51:30

'Eerste keer dat president by beplanning van vlugte na lugmagbasis betrokke raak'

Anderson sê in die hele tyd wat sy by die Waterkloof-lugmagbasis was, is daar nie 'n enkele vlug weggewys wat deur Dirco goedgekeur is nie.

Sy getuig niemand het nog ooit voorheen met enige beplanningsvergadering genoem dat die president bewus is van die besoek nie. Dit is op 'n vraag hoekom het Koloane die president se naam genoem?

Sy sê dit is wat hierdie geval ook uniek maak.

Anderson sê Koloane het haar op 18 April gebel en gesê hy was nou net in 'n vergadering met die president en die president vra of al die beplanning reg is vir die vlug wat gaan land.

Anderson sê die enigste keer wat sy onder druk gevoel het, was toe Koloane haar gebel en gesê het daar sal 7 helikopters en 2 vliegtuie wees wat die passasiers kom oplaai. Sy het aan Koloane gesê dieselfde prosedure moet vir die helikopters en vliegtuie gevolg word as vir die Airbus.

Zondo sê Koloane het getuig dat hy druk op amptenare geplaas het om die vlug toe te laat. Was dit met haar die geval?

Amderson sê aan die einde was dit ja.

Meer oor:  Sa Lugmag  |  Zuma  |  Guptas  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie Van Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.