Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zuma se verhoor nou eers in Augustus
  • Oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat die wapenskandaal-verhoor vir eers uitgestel word omdat hy in die tronk is, het geslaag.
  • Regter Piet Koen het Dinsdagoggend beslis die saak word tot 10 Augustus uitgestel.

LEES OOK: ‘Zuma het die reg om in hof te wees’


20 Jul. 10:29:21

Die handjievol polisielede buite die hof staan nie eens op aandag nie. Sommige is besig om te onttrek.

20 Jul. 10:27:54

Oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat die wapenskandaal-verhoor vir eers uitgestel word omdat hy in die tronk is, het geslaag.

Regter Piet Koen het Dinsdagoggend beslis die saak word tot 10 Augustus uitgestel.

Zuma se twee regsverteenwoordigers in die aansoek, adv. Dali Mpofu SC en adv. Thabani Masuku SC, het Maandag in die aansoek dat die verhoor uitgestel word, aangevoer Zuma wil self in die hof teenwoordig wees en nié net deur ’n oudiovisuele skakel vanuit die Estcourt-gevangenis deelneem aan die hofverrigtinge nie.

Behalwe vir dié aansoek dat die saak uitgestel word, doen Zuma ook aansoek dat adv. Billy Downer hom as staatsaanklaer in die verhoor moet onttrek. Dié aansoek moet eers aangehoor word alvorens die verhoor van Zuma en die wapenvervaardiger Thales in alle erns sal kan begin.

Zuma, wat sy gevangenisstraf van 15 maande vir minagting van die hof in die Estcourt-gevangenis uitdien, het Dinsdagoggend, soos Maandag, oudiovisueel by die hofverrigtinge ingeskakel.

Masuku het Maandag aangevoer al waaroor die hof moet besluit, is wat die voordele en nadele van ’n virtuele verhoor is en daarvolgens of die saak uitgestel moet word. Hy het gesê ’n aangeklaagde persoon het die reg om gebeure in die hof te ervaar en nie op ’n televisieskerm dop te hou nie.

20 Jul. 10:20:52

Zuma se aansoek slaag dat die saak uitgestel word. Koen stel die saak uit tot 10 Augustus.

20 Jul. 10:14:23

Regter Piet Koen sê tegnici sukkel met die oudiovisuele verbinding met die Estcourt-gevangenis. Daar is nou kontak en Koen gaan aan met sy uitspraak.

20 Jul. 09:22:42

Minder polisie, geen weermag

’n Polisieman staan Dinsdagoggend voor die hooggeregshof in Pietermaritzburg.

Teen 08:00 was hier aansienlik minder polisielede ontplooi as Maandag, toe die saak virtueel aangehoor is.

Lede van die weermag het nog nie opgedaag nie, en dis nie duidelik of hulle weer vandag hier ontplooi sal word nie.

’n Deel van Kerkstraat voor die hof se ingang is wel afgesper.

Regter Piet Koen sal na verwagting sy beslissing om 10:00 bekend maak.

 

Foto: Isabel Venter

20 Jul. 09:16:22

Dinge is nog stil by die hof. Geen weermag nie. Winkels om die hof is oop vir sake.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.