Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zuma in hof, saak uitgestel tot 19 Julie

Oudpres. Jacob Zuma het Woensdagoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuld ontken op al die aanklagte teen hom wat verband hou met die omstrede wapentransaksie.

Die ander beskuldigde in die saak is die Franse wapenmaatskappy Thales.

Terwyl mense buite die hooggeregshof gewag het dat Zuma hulle toespreek, het hulle hulle min aan enige Covid-19-maatreëls gesteur.

26 Mei 15:22:34

Ondersteuners verlaat die terrein waar oudpres. Jacob Zuma hulle toegespreek het. Al die ANC-hoës is ook reeds weg. 

26 Mei 14:33:10

Supra Mahumapelo, oudpremier van Noordwes, Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die party, en Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, dans op die verhoog. Foto: Deaan Vivier

26 Mei 14:28:49

Oudpres. Jacob Zuma praat met sy ondersteuners. Foto: Deaan Vivier

26 Mei 14:07:47

Oudpres. Jacob Zuma is nou in Zoeloe aan die woord.

26 Mei 14:00:51

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC, is aan die woord. Hy praat ook Zoeloe. Die mense sing en dan gaan sit almal weer. Ntuli is weer aan die woord.

26 Mei 14:00:36

Mdumiseni Ntuli, sekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal, spreek nou vanaf die verhoog by die hooggeregshof oudpres. Jacob Zuma se ondersteuners in Zoeloe toe.

26 Mei 13:59:51

26 Mei 13:59:33

26 Mei 13:57:51

Oudpres. Jacob Zuma op die verhoog voordat hy sy ondersteuners toespreek. Foto: Deaan Vivier

26 Mei 13:57:33

Oudpres. Jacob Zuma is op die verhoog om sy ondersteuners toe te spreek. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Pietermaritzburg  |  Wapentransaksie  |  Thales  |  Politiek  |  Hof  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.