Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
REGSTREEKS: Geen uitkomkans meer vir Zuma

Die Zondo-kommissie het 'n aansoek van sy span aangehoor om oudpres. Jacob Zuma te dagvaar om voor die sitting te verskyn.

Zondo het die aansoek goedgekeur. Hy gelas Zuma moet om 10:00 op 16 tot 20 November 2020 voor die kommissie verskyn om getuienis te lewer en om ondervra te word oor sekere kwessies rakende die onderwerp van die kommissie se ondersoeke.

Die kommissie sal ook vandag getuienis van Matsietsi Mokholo, voormalige waarnemende direkteur-generaal van die departement van openbare ondernemings, en Zola Tsotsi, voormalige voorsitter op die Eskom-raad, aanhoor.

09 Okt. 11:23:50

Adv. Pule Seleka SC, getuienisleier, vra aan Tsotsi of hy en Lynne Brown, toe minister van openbare ondernemings, destyds verskil het van mekaar oor watter vier direksielede by Eskom geskors moet word.

Tsotsi sê Zuma het op die vergadering in Durban destyds gesê wie geskors moet word. Hy het toe nie van 'n vorige vergadering daaroor geweet nie.

Sy gevolgtrekking is dat die minister op daardie vergadering daarvan ingelig moes gewees het. Hy sê op die Durban-vergadering is gesê drie direksielede moet waai, maar dat die minister later aangedui het dat vier direksielede geskors moet word.

Hy sê dit lyk of die minister moes geweet het dat vier direksielede moes gaan. Hy weet nie hoe en waar daar daaroor besluit is nie.

09 Okt. 11:06:53

Die kommissie se verrigtinge word hervat. Zola Tsotsi, oudvoorsitter van Eskom se direksie, getuig nou weer voor die kommissie.

09 Okt. 10:46:12

Carl Niehaus sê oudpres. Jacob Zuma se regspan sal in verbinding tree met die Zondo-kommisie. “Pres. Zuma sal nie gehoor gee indien Zondo nie homself ontrek van die kommisie nie,” sê hy.

Dit volg ná die nuus dat Zuma van 16 tot 20 November voor die kommisie moet verskyn

09 Okt. 10:41:43

Dit is die bevel wat hy maak, sê Zondo, en die sitting word kortliks verdaag.

09 Okt. 10:40:46

Hy sê verder as Zuma gepaste reëlings met die kommissie voor daardie datums tref om getuienis deur middel van 'n videoverbinding te gee, moet hy aan die kommissie se vereistes en dagvaarding voldoen.

09 Okt. 10:40:15

Zondo keur die aansoek goed. Hy gelas Zuma moet om 10:00 op 16 tot 20 November 2020 voor die kommissie verskyn om getuienis te lewer en om ondervra te word oor sekere kwessies rakende die onderwerp van die kommissie se ondersoeke.

09 Okt. 10:38:48

PAS BEKEND: Zuma gelas om voor Zondo te verskyn

09 Okt. 10:38:07

Carl Niehaus, woordvoerder van die Radical Economic Transformation (RET)-groep, sê daar is beslis ‘n lasbrief uit vir Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, se arrestasie. “Ons het bewyse dat daar een is. Dis ook net omdat die publiek een wil hê. Magashule het niks verkeerd gedoen nie, so hy kan nie in hegtenis geneem word nie,” sê Niehaus. Netwerk24 het Niehaus gevra om die bewyse daarvoor te gee. “Ons gaan nie ons bronne bekend maak nie,” was Niehaus se antwoord. Foto: Dennis Delport

09 Okt. 10:30:35

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma is steeds op die Mary Fitzgerald-plein in Newtown, Johannesburg.  Foto: Dennis Delport

09 Okt. 10:16:06

Daar is tegniese probleme met die klank op die sitting. Zondo verdaag die sitting totdat dit uitgesorteer is.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Regter Zondo  |  Staatskaping  |  Zondo  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.