Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zuma sál terugkom om verder voor Zondo te getuig

  • Oudpres. Jacob Zuma het besluit om weer sy samewerking aan die Zondo-kommissie te gee nadat hy vroeër Vrydag gesê het hy gaan nié verder getuig nie.
  • Zuma het sedert Woensdagmiddag geweier om verder vrae te beantwoord.
  • Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane SC, het Vrydagoggend gesê die kommissie het Zuma onder valse voorwendsels na die kommissie gelok.
  • Intussen het adjunkhoofregter Raymond Zondo gesê hy wil dit duidelik stel - Zuma is daar omdat hy hom gevra het om sekere kwessies te kom opklaar. 
  • Dit volg na 'n week van drama waarin Zuma eers aangevoer het daar is al vir byna drie dekades 'n komplot teen hom, en daarna gesê het oudpres. Nelson Mandela, asook oudpres. Thabo Mbeki, was baie nader aan die Gupta-broers as hyself.
  • Zuma het ook beweer dat sekere ANC-lede ou apartheidspioene was.
19 Jul. 13:09:24

Die sitting verdaag.

19 Jul. 13:09:16

Zondo sê daar is met hul vergadering vroeër binne tien minute besluit om saam te werk en dat Zuma gesê het hy is bereid om voort te gaan met die kommissie.

Hy bedank almal vir die hoë vlak van dissipline. Die sitting sal vandag verdaag en Zuma sal op 'n ander tyd terugkom.

Die kommissie sit weer Maandag wanneer die Estina-projek aan die beurt kom, sê Zondo.

19 Jul. 13:07:26

Zuma bedank Zondo dat hy tussenbeide getree het

Zuma sê hy wil Zondo se optrede bedank dat hy tussenbeide getree het en daar nou weer met die proses voortgegaan kan word.

Dit is die reg van enige mens om hul bekommernisse te mag noem en dat dit ondersoek kan word.

Hy sê dat hy waardeer dat Zondo met die twee regspanne vergader het en die pad vorentoe uiteengesit is.

Daar is ook nou duidelikheid oor die pad vorentoe.

Niemand moet die verkeerde indruk kry dat sy bekommernisse gelug is om die gang van die kommissie te onderbreek nie.

Hy is bly dat daar 'n oplossing gekry is en dat die kommissie 'n eindpunt sal bereik met sy insette wat ook in ag geneem sal word.

Hy bedank Zondo dat hy tussenbeide getree het om die pad vorentoe aan te dui. 

19 Jul. 13:03:35

Zuma wil weer iets sê

Zondo sê hy sal insette van albei partye hoor en dan 'n besluit neem oor die tydsraamwerk van die pad vorentoe.

Zuma sal terugkom op 'n gegewe tyd en getuig. Die proses waarop besluit is, is dat die tydsduur wat hy sal moet getuig verkort kan word indien daar voor dit inligting op vrae van hom af gestuur word.

Zondo sê hy wil weer die geleentheid gebruik om albei regspanne te bedank vir die gesprek wat hulle in die kamers gehad het en wat tot die ooreenkoms gelei het.

Hy wil ook vir Zuma bedank dat hy ingestem het om die prosesse van die kommissie 'n kans te gee. Dit is belangrik om dit te erken, sê Zondo.

Hy noem dat Zuma gevra het dat hy iets wil sê.

19 Jul. 12:58:36

Zondo sê die kommissie se regspan sal op skrif aandui oor spesifiek watter kwessies van getuies daar vrae is waaroor Zuma meer kan sê.

Daar is ooreengekom dat Zuma se regsverteenwoordigers binne die volgende twee weke met dié van die kommissie sal saamwerk oor watter inligting Zuma nog moet gee.

19 Jul. 12:54:56

Zuma sê nou hy sal weer saamwerk met die kommissie

Die sitting begin weer. Zondo sê hy het met die twee regspanne vergader oor die kwessie dat hulle Donderdag saam 'n plan moes uitwerk oor die pad vorentoe.

Die gesprekke was in 'n goeie gees en albei spanne was hoogs professioneel.

Hy sê albei spanne het ingestem om te kyk hoe daar verder opgetree gaan word.

Daar is ooreengekom dat die besluit van Zuma om nie verder deel te neem aan die kommissie nie, teruggetrek word.

19 Jul. 11:23:25

Die sitting verdaag vir eers.

19 Jul. 11:22:59

Zondo sê die sitting verdaag vir tee en dan wil hy albei regspanne in sy kamers sien teen 11:45. Hy kan nie spesifiseer hoe laat hulle terug sal wees nie.

Hy sal op die laatste teen 12:55 kom sê wat aangaan, sê Zondo.

Hy glo daar sal wel 'n manier vorentoe gekry word.

19 Jul. 11:20:53

19 Jul. 11:18:55

Zuma-advokaat sê kommissie se span is onbevoeg

Sikhakhane sê Zuma aanvaar die werk wat Zondo doen.

Maar Pretorius kom gee 'n les oor hoe kruisondervraging werk. Dit is verkleinerend. Hy is verkeerd en moenie kom preek nie, sê Sikhakhane.

Hy sê tweedens aanvaar Zuma en sy regspan die werk wat die kommissie doen, maar bo en behalwe die kommissie is daar die Grondwet. Om al die regte toe te pas wat die kommissie het, moet dit binne die Grondwet gedoen word.

Sikhakhane sê hy kritiseer dit en stel dit dat die basiese reëls nie gevolg word nie.

Indien 'n kliënt se regte nie gerespekteer word nie, watse keuse het sy regspan.

Hy sê die kommissie se span is onbevoeg. Hy trek die woord terug en sê ondoeltreffend.

Daar is 'n brief aan Zuma gestuur oor Agrizzi se getuienis wat hy Woensdag gekry het. Die een hand weet nie wat die ander doen by die kommissie nie.

Meer oor:  Regering  |  Politiek  |  Jacob Zuma  |  Raymond Zondo  |  Johannesburg  |  Staatskaping  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.