Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zuma weer agter tralies

Oudpres. Jacob Zuma het toestemming gekry om die tronk te verlaat om vandag sy broer, Michael, se begrafnis by te woon.

Hy is deernisverlof toegestaan ingevolge die wet, lui ’n verklaring deur die departement van korrektiewe dienste (DKD). 

LEES OOK: Zuma mag broer se begrafnis bywoon

Hier volg die jongste verwikkelinge:

22 Jul. 17:40:04

Groep betoog in Durban oor Zuma

Ondersteuners van oudpres. Jacob Zuma het Donderdag in Durban se middestad vir sy vrylating betoog.

Die meeste was in die ANC se kleure geklee. Minstens twee het ANC-vlae rondgeswaai terwyl hulle in die straat gedans het.

#ZumaIsFree op Twitter het gelui dat die betogings vir Donderdag verby is en dat hulle Vrydag buite die Durbanse stadsaal byeen gaan kom en na die polisie se hoofkantoor gaan opruk.

22 Jul. 16:59:32

Zuma weer agter tralies

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het Donderdag op 'n nuuskonferensie gesê oudpres. Jacob Zuma is weer agter tralies.

Volgens haar het korrektiewe beamptes en wetstoepassers Zuma na die begrafnis van sy broer vergesel.

Sy kan bevestig dat hy weer in die Estcourt-gevangenis is.

22 Jul. 16:26:43

Zuma se gesondheid en gemoed is glo goed

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, wat Donderdag die begrafnisdiens bygewoon het van Michael Zuma, broer van oudpres. Jacob Zuma, het aan joernaliste gesê Zuma se gesondheid en gemoedstoestand is goed.

Hy dink die departement van korrektiewe dienste behoort bedank te word dat Zuma toegelaat is om sy jonger broer se begrafnis by te woon. Hy wou nie kommentaar lewer oor die moontlikheid van onderhandelings vir die vroeë vrylating van Zuma nie en het gesê dit is 'n saak vir die owerhede – die president en die minister.

22 Jul. 16:12:46

Media nie toegelaat

Die Jacob G. Zuma-stigting het vroeër Donderdag in 'n twiet aangedui dat die media nie toegelaat sal word in die omgewing waar die begrafnisdiens sal plaasvind nie, insluitend die plek waar Michael Zuma begrawe sal word.

“Die Zuma-familie wil privaat oor hul geliefde rou en hom ter ruste lê. Die stigting versoek julle almal om die wense van die familie te respekteer,” lui die twiet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.