Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OORSIG: Zuma weer agter tralies

Oudpres. Jacob Zuma het toestemming gekry om die tronk te verlaat om vandag sy broer, Michael, se begrafnis by te woon.

Hy is deernisverlof toegestaan ingevolge die wet, lui ’n verklaring deur die departement van korrektiewe dienste (DKD). 

LEES OOK: Zuma mag broer se begrafnis bywoon

Hier volg die jongste verwikkelinge:

22 Jul. 14:59:20

Ontvang Zuma spesiale behandeling, vra DA

Die DA het met skok gereageer op oudpres. Jacob Zuma se vrylating om die begrafnis van sy jonger broer, Michael, vandag in Nkandla by te woon, en wil weet of hy spesiale behandeling ontvang.

James Selfe, DA-woordvoerder oor korrektiewe dienste, sê in 'n verklaring die vergunning dat gevangenes familielede se begrafnisse mag bywoon, is die DKD se beleid wat laerisiko-gevangenes betref.

In die lig van die omstandighede is die besluit wat Zuma betref, egter om die volgende redes verkeerd:

* Die huidige plofbare situasie hou allesbehalwe 'n lae risiko in en daar is 'n sterk moontlikheid dat die begrafnis en Zuma se teenwoordigheid verdere onrus kan veroorsaak. 'n Aansienlike teenwoordigheid van veiligheidsmagte sal dus vereis word, wat nie geregverdig kan word nie.

* Die huidige regulasies beperk die teenwoordigheid van begrafnisse. “Geen familielede is voorheen toegelaat om begrafnisse by te woon nie, tog laat die DKD toe dat die geleentheid 'n 'superverspreider' kan word omdat dit “baie beslis 'n groot skare sal trek wat moeilik sal wees om te beheer”.

* Die DKD se besluit om Zuma vry te laat is strydig met vorige bepalings deur die DKD. Die DKD het by vorige geleenthede geweier dat 'n gevangene vrygelaat word om 'n begrafnis by te woon omdat daar onvoldoende personeel is om die gevangene se veiligheid te verseker.

22 Jul. 10:37:53

22 Jul. 10:12:39

Zuma terug in Nkandla

Singa Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Netwerk24 bevestig oudpres. Jacob Zuma het by sy Nkandla-woning aangekom nadat hy vanoggend met deernisverlof uit die Estcourt-gevangenis vrygelaat is.

Die verlof wat toegestaan is, geld slegs vir Donderdag sodat Zuma sy broer, Michael, se begrafnis kan bywoon.

"Weens veiligheidsredes kan die departement geen verdere inligting bekend maak nie."

22 Jul. 10:12:17

Verklaring oor deernisverlof

Zuma se jonger broer, Michael Zuma, is op 11 Julie ná ’n langdurige siekte dood.

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdagoggend bekend gemaak oudpres. Jacob Zuma word vir die dag vrygelaat om sy broer se begrafnis by te woon:


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.