Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Regte leierskap’ moet meesterplan vir water dryf – Sisulu

Die mees kritieke aspek van die uitvoering van die nuwe meesterplan vir water wat Donderdag in Pretoria bekend gestel is, is om seker te maak dat die regte leierskap dié omvangryke plan tot uitvoering bring.

Lindiwe Sisulu (middel), minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, Donderdagmiddag op ’n mediakonferensie waar sy die nuwe meesterplan vir water aangekondig het. By haar sit Trevor Balzer (links), ’n raadgewer van die minister, en Mbulelo Tshangana, direkteur-generaal van die departement van water en sanitasie. Foto: Sarel van der Walt

Lindiwe Sisulu, minister van water, sanitasie en menslike nedersettings, het met die bekendstelling van die plan by die WNNR in Pretoria gesê die herstrukturering van die departement van water en sanitasie is een van die sleuteldoelwitte van die meesterplan.

Sy het gesê die departement se struktuur moet so verander word dat hy by sy nuwe doelwitte aanpas. Verkwisting en enige verliese wees korrupsie en die vermorsing van bronne moet beëindig word.

Die departement moet help om ’n omgewing te skep waarin al die rolspelers hul deel kan doen.

“Ons het ’n program van strategiese aksies geprioritiseer wat die grondslag sal lê vir die watersektor om sy uitdagings te oorkom om watersekerheid in die toekoms te verseker, inklusiewe ontwikkeling landwyd te ondersteun en ondernemings te help om die land se ekonomie te laat groei om meer werkgeleenthede te skep.

“Die departement moet homself herdefinieer om die leier in die watersektor te wees om al die inisiatiewe so gou as moontlik in werking te stel.

“Die departement moet ’n nuwe rol as instaatsteller, fasiliteerder en reguleerder van die sektor inneem,” sê Sisulu.

Sy het gesê dit moet in die departement se wese wees om in te gryp en die sektor en rolspelers te lei om die uitdagings van gemeenskappe en ondernemings op te los.

Nie net leierskap is nodig om die plan in werking te stel nie. Etiese leierskap is nodig deur eienaarskap, verbintenis en professionalisme.

Dit is nodig dat die departement fokus op sy mandaat – om watersekerheid aan alle Suid-Afrikaners te verseker.

“Die Vaaldam-projek moet as voorbeeld ’n projekbestuurspan hê wat uit hoogs opgeleide senior deskundiges en regeringsamptenare bestaan.

“Dit sal ook ’n prioriteit wees van die departement om munisipaliteite se kapasiteit te verhoog deur ’n span van deskundiges en professionele mense wat hulle sal bystaan om die nodige kundigheid op te bou.

“Dit is nodig dat die departement fokus op sy mandaat – om watersekerheid aan alle Suid-Afrikaners te verseker.”

Die waterplan moet voorts help om uitvoering aan die regering se nasionale ontwikkelingsplan te gee.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Pretoria  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.