Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Regter stuit uitbetaling van hoë se pensioen ná SOE-ondersoek

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het Dinsdag sy eerste oorwinning in die spesiale tribunaal-sitting behaal toe die uitbetaling van die pensioen van die voormalige hoof van die Johannesburgse kantoor van die staatsprokureur gestuit is.

Regter Gidfonia Mlindelwa Makhanya het Dinsdag bevind Kgosi Lekabe se pensioen, wat op sowat R4 miljoen beraam word, moet nie uitbetaal word nie.

Lekabe moet ook die koste van die SOE se regspan betaal.

Die tribunaal, wat in die landdroshof in Booysens gesit het, beslis oor enige siviele sake wat die SOE aan hom oorhandig, of dit onder die SOE se naam of namens ’n staatsinstelling of belanghebbende party gedoen word in ’n saak wat uit ’n SOE-ondersoek voortspruit.

Die regering het in 2018 ’n landwye ondersoek aangevra ná aantygings van grootskaalse bedrog en korrupsie in staatsdepartemente en -instellings.

Die saak teen Lekabe is een van die SOE se eerste ondersoeke.

Tydens die SOE se ondersoek is glo op bewyse afgekom van wanbetalings van miljoene rande aan staatsadvokate wat deur Lekabe gemaak is.

Adv. Dawie Joubert SC, namens die SOE, het aan Makhanya gesê die ondersoek het getoon dat daar ’n sterk prima facie-saak teen Lekabe is. Sou Lekabe skuldig bevind word, is sy pensioen die enigste bate met beduidende waarde wat gebruik kan word om geld te verhaal.

ié betalings (aan Kajee) is oor 17 maande gemaak. Dit beteken Kajee moes dag en nag, vakansies en ook op openbare vakansiedae gewerk het. Dit sê al klaar vir ’n mens daar was ongerymdhede.

In Mei 2019 was Lekabe op die punt om op 22 aanklagte van ernstige wangedrag dissiplinêr verhoor te word, het Joubert gesê.

Verder het die SOE-ondersoek bevind dat Lekabe sowat R26 miljoen in ongeoorloofde fooie goedgekeur het as betaling vir dienste gelewer deur Hassan Kajee, ’n staatsadvokaat.

Kajee, wat tot en met verlede jaar ’n lid van die Johannesburgse Balie was, is intussen geskors. Lekabe het ook kort hierna bedank en die uitbetaling van sy pensioen geëis.

“Dié betalings (aan Kajee) is oor 17 maande gemaak. Dit beteken Kajee moes dag en nag, vakansies en ook op openbare vakansiedae gewerk het. Dit sê al klaar vir ’n mens daar was ongerymdhede,” het Joubert gesê.

Lekabe en Kajee het na bewering saamgesweer om ’n skikking te bereik sodat R34 miljoen in skadevergoeding aan Ayanda Kunene uitbetaal word.

Kunene, nou ’n parapleeg, het van die minister van polisie skadevergoeding geëis nadat ’n polisieman hom in ’n kaping geskiet het.

Volgens ’n uitspraak van die hooggeregshof in Johannesburg was dit duidelik dat daar ’n korrupte verhouding tussen Lekabe en Kajee bestaan het.

Adv. Desmond Brown, namens Lekabe, het hierop teruggekap en gesê die Kunene-uitspraak is intussen herroep.

“Dit is dus verkeerd om te sê R34 miljoen is verloor, want die eis is nie uitbetaal nie. Die SOE is besig om die hof te mislei,” het Brown gesê.

Brown het verder gesê dit is onwaar dat Lekabe en Kajee meer as 100 keer met mekaar gekonsulteer het, soos wat die SOE aanvoer.

Hy kry finansieel swaar nadat hy bedank het en hy het die geld nodig om homself te onderhou.

“Volgens die register wat Lekabe gehou het – dieselfde register waarop die SOE in sy aansoek as ’n bewys staatmaak – het die twee net op vier geleenthede met mekaar gekonsulteer,” het Brown gesê.

Hy het volgehou dat sy kliënt op sy pensioen geregtig is. “Hy kry finansieel swaar nadat hy bedank het en hy het die geld nodig om homself te onderhou,” het Brown gesê.

Makhanya het Dinsdag in die guns van die SOE beslis en beveel dat Lekabe se pensioen eers uitbetaal mag word indien die tribunaal bevind hy is onskuldig aan korrupsie.

Meer oor:  Pensioen  |  Soe  |  Spesiale Ondersoekeenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.