Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Reserwebank kap terug ná OB sê bank wil nie saamwerk

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ontken bewerings deur adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), dat hy nie sy samewerking in een van haar ondersoeke wil gee nie.

Mkhwebane het Donderdag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê haar kantoor ervaar uitdagings met die ondersoek na die rol van die Reserwebank in die onlangse VBS Mutual Bank-skandaal.

Sy beweer die Reserwebank hou vol sy het nie die jurisdiksie om sy rol te ondersoek nie.

 adv. Busisiwe Mkhwebane
Die openbare beskermer (OB), adv. Busisiwe Mkhwebane, praat Donderdag op ’n mediakonferensie by die OB se hoofkantoor in Hillcrest, Pretoria. Foto: Christiaan du Plessis

“Dit lyk asof hulle (die bank) nie die konstitusionele hof se uitspraak reg interpreteer nie,” het Mkhwebane gesê.

Sy het verwys na die uitspraak van die konstitusionele hof in Maart oor haar verslag oor ’n reddingsboei van die Reserwebank aan Absa se voorganger, Bankorp, in die apartheidsjare.

Die hof het bevind Mkhwebane het die perke van haar mag oorskry en het ter kwader trou opgetree.

Die Reserwebank het egter intussen aan eNCA gesê hy het al in September terugvoering aan Mkhwebane gegee en wag nou vir haar reaksie.

Die ondersoek na die Reserwebank se rol kom glo nadat sy ’n klag “deur ’n lid van die publiek” ontvang het oor die rol wat die Reserwebank as reguleerder in die VBS-kwessie moes speel.

Sy het ook ’n klag van die DA ontvang oor die rol wat munisipale amptenare gespeel het. Munisipaliteite het honderde miljoene rande in VBS belê wat in Maart vanjaar gelikwideer is.


Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Ob  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.