Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Respekteer ander se regte – ANC
Pule Mabe. Foto: Felix Dlangamandla

Die ANC bly gekant teen alle vorme van diskriminasie en doen ’n beroep op die samelewing om die regte van ander, ongeag hul ras, seksuele oriëntasie of gender, te respekteer en te bevorder.

Dít was die regerende party se boodskap op Menseregtedag wat Woensdag landwyd onder die tema: “100 jaar van Nelson Mandela: Die bevordering en verdieping van ’n menseregtekultuur in die hele samelewing”, gevier word.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het Woensdag namens die regerende party in ’n verklaring gesê Suid-Afrika onthou elke jaar op 21 Maart die tragiese gebeure van 1960 toe 69 Suid-Afrikaners deur die apartheidsregering vermoor en meer as 200 beseer is in die Sharpeville-slagting omdat hulle teen die paswette betoog het.

“Hierdie dag gee ons ook ’n oomblik om na te dink oor die opofferings wat deur talle mans en vroue gemaak is en wie die hoogste prys betaal het om te verseker dat ons vandag in staat is om die fundamentele regte, soos verskans in ons Grondwet, te kan geniet.”

Mabe sê die ANC het op sy 54ste nasionale konferensie in Desember sy verbintenis herbevestig om ’n verenigde, demokratiese, nierassige, nieseksistiese en vooruitstrewende samelewing te bou waar alle landsburgers gelyke regte geniet.

Hierdie dag gee ons ook ’n oomblik om na te dink oor die opofferings wat deur talle mans en vroue gemaak is en wie die hoogste prys betaal het om te verseker dat ons vandag in staat is om die fundamentele regte, soos verskans in ons Grondwet, te kan geniet.

“Deur die beleidsresolusies wat op dié konferensie aanvaar is, en veral daardie wat dit ten doel het om radikale ekonomiese transformasie te verseker, het ons die behoefte onderstreep om regeringsprogramme te bespoedig wat armoede, ongelykheid en werkloosheid pak.”

Volgens Mabe het Mandela destyds gesê dat “om armoede te oorkom, nie ’n gebaar van liefdadigheid is nie, maar ’n daad van geregtigheid; dit is die beskerming van ’n fundamentele mensereg, die reg tot waardigheid en ’n ordentlike lewe”.

Mabe sê hierdie woorde moet die land daarom aanmoedig om saam te werk om te verseker dat die regte van alle landsburgers bevorder word en dat hulle beskerm word teen alle vorme van onderdrukking en diskriminasie.

“Dit sluit die beskerming van werkers se regte in. Uit noodsaak beteken dit ordentlike werkomstandighede en vergoeding, en waar nodig loonverhogings en die bespoediging van die instelling van die nasionale minimum loon.”

Die ANC het ook ’n beroep op die regering gedoen om sy pogings te verskerp om die lewe van Suid-Afrikaners te verbeter deur die lewering van basiese dienste.

Meer oor:  Pule Mabe  |  Menseregtedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.