Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Afrikaners: Nuwe Groot Trek is nodig
Schalk van Heerden het verskeie artikels wat Afrikaner-wees illustreer, uitgepak tydens ’n bespreking oor Afrikanerleierskap by die restitusiekonferensie in die Kasteel de Goede Hoop. Laurie Gaum, regs, het die gesprek gefasiliteer.Foto: Nadine Theron

“In 1994 het Nelson Mandela met reusegenade na ons uitgereik en ons het niks daarmee gedoen nie. Ons het gep*s op die hand wat na ons uitgereik is . . . op Mandela se hand.”

So het Schalk van Heerden Donderdag in ’n bespreking oor Afrikanerleierskap by die restitusiekonferensie by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad gesê.

Van Heerden se gesprek getiteld, Tyd vir trek, het gegaan oor die herdefiniëring van Afrikanerleierskap. Hy het ook ’n aanlyn boek met dieselfde titel gepubliseer, en is die programbestuurder van die Foundation for a Safe South Africa (FSSA), ’n nieregeringsorganisasie wat deur die voormalige minister van verdediging en stigter van die UDM, Roelf Meyer, begin is.

“Die Groot Trek wat vandag nodig is, is dat Afrikaners van Sandton na Alexandria, of van Waterkloof na Mamelodi moet uitbeweeg,” sê hy.

“Afrikanerleierskap vandag beteken dat ons die laer moet oopmaak en moet begin dink daaraan om mense in te nooi of om na nuwe plekke te ‘trek’.”

Dis baie moeilik om te aanvaar dat jy verkeerd was. Afrikanerleiers moet weerloos en nederig word. Die sleutel tot restitusie is opoffering.

Wit en swart mense het vandag steeds nie verhoudings met mekaar het nie. “My swart vriende het nie genoeg selfvertroue om wit mense te nader nie, en my wit vriende is te bang om swart mense te nader. Net om mense so ver te kry om met mekaar te praat, is moeilik.”

Om die manier waarop jy dink te verander, is die heel moeilikste, sê hy.

“Dis baie moeilik om te aanvaar dat jy verkeerd was. Afrikanerleiers moet weerloos en nederig word. Die sleutel tot restitusie is opoffering. Iets in my lewe sal moet sterf voordat ek ’n saadjie kan plant. Anders val daai saad soos in die Bybel net op die grond en vrek. Dit lewer geen oes nie.”

Een van die dinge wat Van Heerden meen Afrikaners ter wille van restitusie moet prysgee, is die taal. “Ek moes self kies . . . Loop ek kerk in Afrikaans in Johannesburg, sal my hele kerk wit wees. Om ’n inklusiewe kerk te hê moet ons begin Engels praat in die kerk. Maar dan kom die Afrikaners nie meer kerk toe nie.”

Hy voel dieselfde oor Afrikaans op universiteit. “Die regering gee geld vir universiteite sodat almal in die land daar kan studeer. Hoekom moet hulle daardie geld bestee aan Afrikaanse klasse en ons nog verder bevoordeel?

Ons kla oor elke strategie vir restitusie en in ’n perverse twist maak ons dan asof ons die slagoffers is.

“Ter wille daarvan om verhoudings met mense van verskillende rasse te bou, moet ’n mens soms Engels praat. Om die taal op te offer is ’n klein opoffering om te maak ter wille van beter verhoudings.”

Van Heerden sê Afrikaners kla oor betogende studente wat geboue afbrand omdat dit gewelddadig is, maar hulle het ook die Grondwet se akademiese raamwerk vir herstel, swart ekonomiese bemagtiging, verwerp.

“Ons kla oor elke strategie vir restitusie en in ’n perverse twist maak ons dan asof ons die slagoffers is.”

Afrikaners kan hulself nie Afrikane noem as hulle nie ’n pad met swart mense stap nie. “Weens die geskiedenis het om ’n Afrikaan te wees te doen daarmee om swart te wees. Ons swart broers en susters kan self besluit wanneer die tyd reg is om ons Afrikane te noem, of wat ook al hulle ons wil noem. As ’n groep verdien ons nog nie die titel van Afrikane nie.”

Van Heerden sê hy is moeg daarvoor dat Afrikaners nie oor restitusie wil praat nie en nie betrokke is by geleenthede soos die restitusiekonferensie nie. Hyself het eers onlangs begin om langs die vleisbraaivuur, by kerke en boekklubs met sy mede-Afrikaners oor die moeilike onderwerp van restitusie te praat om te help met ’n gesindheidsverandering.

* Die gesprek is een van vele wat by die restitusiekonferensie plaasgevind het, en is deur ongeveer 20 mense bygewoon en deur Laurie Gaum gefasiliteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.