Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Reuse-grondeis ‘bedreiging vir eiendomsreg’

Grondeise wat meer as 20 jaar gelede ingedien is en groot dele van Centurion – en die aangrensende Midstream in Ekurhuleni – insluit, hou ’n baie groot bedreiging vir eiendomsreg in dié omgewing in.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Dinsdag op ’n mediakonferensie van dié organisasie in Centurion met die verslag van die grondeisekommissie.Foto: Sarel van der Walt

Dit kan ook ’n presedent skep vir ander soortgelyke grondeise oor die land heen, sê die burgerregteorganisasie AfriForum.

Hy het Dinsdag op ’n mediakonferensie by sy hoofkantoor in Centurion aangekondig hy sal alles in sy vermoë doen om die eise teen te staan.

Die eise is teen sowat 4 000 ha residensiële grond in Rooihuiskraal, Tweefontein, Doornkloof, Olievenhoutbosch, Zwartkop, Highveld, The Reeds, Brakfontein, die Danie Joubert-snelweg (N1), Heuweloord, Louwlardia, Kosmosdal, Hoekplaats, Trigaardspoort en Midstream.

Sowat 2 000 huishoudings word geraak en die totale waarde van die grond wat betrokke is, is na raming sowat R4 miljard.

Selfs die grond waarop die Danie Joubert-snelweg (die N1) deur Centurion loop, word geëis.

“Dit is ’n aanval op private eiendomsreg en ons sal dit beslis teenstaan.

“Die grondeisekommissie het oneties opgetree deur die eise ná 18 tot 20 jaar skielik oor die Desember-vakansietyd te publiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Die eise, namens 39 families, is in 1998 al ingedien.

“Die grondeisekommissie se besluit om 20 jaar te wag voordat hy besluit het om met die eis voort te gaan, word bevraagteken. Daar het die afgelope 20 jaar baie ontwikkeling in dié gebied plaasgevind.

“Die huidige eienaars van die eiendom en grond wat geraak word, kan nie die skuld gegee word vir wat in die verlede gebeur het nie.

“Mense van alle bevolkingsgroepe word deur die eis geraak. Die eis kan landwyd ’n baie slegte presedent skep en ’n invloed op die waarde van eiendom hê,” sê Cameron.

“Dit is ’n opportunistiese skuif. Hoekom moet die belange van 39 families bo dié van die 2 000 huishoudings wat geraak word, geplaas word?

“Dit is belangrik dat ons iets doen om private eiendomsreg te beskerm. Ons het die grondeisekommissie vir meer inligting gevra omdat die verslag van die kommissie baie onvolledig is.

“Van die noodsaaklike inligting is nie eens op die vorms ingevul nie en baie eise is vaag,” sê Cameron.

Die grondeisekommissie se verslag is baie vaag en boonop swak geskryf. Daar is te veel ontoepaslike inligting.

Die meeste van die mense namens wie die eise ingestel word, is al oorlede.

“In die meeste gevalle is dit dié mense se kleinkinders en agterkleinkinders wat die eise ingedien het.”

Die meeste van die mense namens wie eise ingestel word, het tussen 1964 en 1968 net vir twee tot drie maande op die grond gewoon wat hulle nou eis, het dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer van AfriForum, gesê.

Die meeste van die eisers stel nie in die grond belang nie, maar wil finansieel vergoed word.

“Die reuse-eis kan uiteindelik ’n baie swaar las op die belastingbetaler plaas. Dit lyk nie of die grondeisekommissie die saak behoorlik ondersoek het nie en hoofsaaklik staatgemaak het op hoorsê-getuienis.

“Die grondeisekommissie se verslag is baie vaag en boonop swak geskryf. Daar is te veel ontoepaslike inligting.

“Meer navorsing moet gedoen word om vas te stel of die eise meriete het. Dit is die grondeisekommissie se plig om seker te maak alle betrokke partye se belange word beskerm.”

Marnus Kamfer, AfriForum se regs- en risikobestuurder, sê AfriForum sal behalwe regskenners ook deskundiges soos antropoloë en historici betrek om hom te help.

Die grondeise-kommissie het nog nie gereageer op ’n versoek om kommentaar nie.

Grondeise
Grondeise


Meer oor:  Afriforum  |  Ian Cameron  |  Centurion  |  Eiendomsreg  |  Grondeise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.