Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
RGSA se Motau ook geskors ná inhegtenisname

Dr. David Motau, uitvoerende hoof van die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA), is Donderdag voorlopig geskors weens die korrupsiesaak waarop hy teregstaan.

Hy is Maandag in hegtenis geneem en op borgtog van R5 000 vrygelaat.

LEES OOK: Gesondheidshoof, 12 ander in Vrystaat kry borgtog

“Die besluit kom nadat die departement in kennis gestel is van dr. Motau se inhegtenisneming weens ernstige bewerings van bedrog en korrupsie tydens sy ampstermyn as die hoof van die Vrystaatse departement van gesondheid,” het Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die waarnemende minister van gesondheid, Donderdag in ’n verklaring gesê.

Dr. David Motau Foto: Mlungisi Louw

Motau was voorheen die hoof van die Vrystaatse departement van gesondheid en is in Junie 2021 as die hoof van die RGSA aangestel.

Motau en 12 ander staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie waarby miljoene rande betrokke is.

Hulle word van bedrog, vervalsing, geldwassery en korrupsie aangekla wat uit vals of vervalste versoeke vir betalingsadvies spruit wat van Januarie 2011 tot Desember 2015 by die Vrystaatse departement van gesondheid ingedien is vir betalings aan diensverskaffers. Daarby word beweer dat geen bewys gevind kon word dat die dienste deur die diensverskaffers gelewer is nie.

Die gesondheidsdepartement het ’n verlies van R8 miljoen gely.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat, sê die beweerde bedrog het aan die lig gekom toe die ouditeur-generaal die Vrystaatse gesondheidsdepartement gevra het vir inligting oor sekere betalings aan diensverskaffers en  oor die verkrygingsproses navraag gedoen het.

Die strafregtelike verhoor is tot 22 September uitgestel.


Meer oor:  Korrupsie  |  Skorsing  |  Valke  |  David Motau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.