Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Rokers betoog Woensdag teen rookverbod

Die #SmokersUniteSA-beweging hou Woensdag ’n landwye betoging teen die verbod op tabakprodukte, die verlies aan sondebelasting, werkverliese in die tabakbedryf, asook oor die publiek se reg om te besluit of hulle wil rook of nie.

Die #SmokersUniteSA-beweging sal Woensdag landwyd betoog teen die verbod op tabakprodukte en alles wat daarmee gepaardgaan. Foto: Verskaf

Lede van dié beweging wil vreedsaam oor die land heen betoog deur ’n bepaalde roete stadig in konvooi te ry.

Die stede waar die konvooie sal ry, is Johannesburg, Pretoria, Durban, Kaapstad, Port Elizabeth, Nelspruit en Secunda.

“Die regering skend ons regte. Ons betoog nie net teen die rookverbod nie, maar teen verskeie faktore wat daarmee saamgaan, soos dat ons die reg ontneem word om te besluit of ons wil rook of nie,” sê Linda Barnard, organiseerder van die betoging.

#SmokersUniteSA moedig mense in ander stede en dorpe aan om hulle by die betoging aan te sluit.

“Ons vra dat mense klere van alle kleure dra, want die kwessie raak mense van alle rasse. Maar ons vra dat mense oranje maskers dra.

“As daar nie ’n konvooi in jou omgewing is nie, gaan na jou plaaslike winkelsentrum en betoog daar in vreedsaamheid en in stilte. Dra ’n oranje masker om ons standpunt oor te dra,” sê Barnard.

Sy sê die beweging het die nodige dokumente gekry om die betoging te hou, maar dit is 24 uur voor die betoging teruggetrek. “Hulle sê omdat ons in konvooie gaan ry, is dit nie in pas met die inperkingsregulasies nie.”

Nietemin sal die betoging voortgaan.

Die #SmokersUniteSA-beweging sal Woensdag landwyd betoog teen die verbod op tabakprodukte en alles wat daarmee gepaardgaan. Foto: Verskaf

“Omdat die polisie dreig om ons te stop, hou ons die ligging asook tyd van die betogings vir eers stil. Dit sal verskaf word kort voor die optog,” sê Barnard.

Mense wat graag wil deelneem, kan Barnard kontak by 081 739 4455.

“Ek sal hulle in die regte groepe plaas waar die relevante inligting deurgegee sal word.”

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, is om kommentaar genader, maar het nog nie gereageer nie.

Meer oor:  Verbod  |  Rook  |  Sigarette  |  Tabak  |  Inperkingsregulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.