Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Russiese bomwerpers op pad na Pretoria; Cyril Sotsji toe

Woensdagoggend, die dag voordat die eerste Rusland-Afrika-beraad in die Russiese stad Sotsji begin, kom twee van dié land se Tu-160-langafstandbomwerpers en twee vragvliegtuie, ’n Antonov An-124 en ’n Ilyushin-IL-62, op die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria aan.

Die Russiese nuusagentskap Tass berig die doel van die vliegtuie se besoek is om militêre samewerking tussen Suid-Afrika en Rusland te bevorder.

Die Russiese vliegtuie sal op pad Waterkloof toe deur sy Gripen- en Hawk-vliegtuie vergesel word, sê die weermag in ’n verklaring.

Die besoek sal saamval met ’n seminaar van lede van die twee lugmagte in Irene in Centurion.

’n Tu-160-langafstandbomwerper.Foto: Tass.com
Pres. Cyril RamaphosaFoto: Sarel van der Walt
Pres. Wladimir PoetinFoto: AP
Ilja Rogatsjef, Rusland se ambassadeur in Suid-Afrika.Foto: Sarel van der Walt

Verskeie Afrika-staatshoofde word op die Sotsji-beraad verwag.

Pres. Cyril Ramaphosa sal die Suid-Afrikaanse afvaardiging na dié beraad lei.

Hy word vergesel deur dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ayanda Dlodlo, minister van staatsveiligheid, en Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie.

Die beraad word deur die Russiese regering in samewerking met die Afrika-Unie (AU) aangebied.

Dit word Woensdag voorafgegaan deur ’n Rusland-Afrika-sakeberaad. Verskeie Russiese maatskappye en maatskappye uit Afrika sal hier verteenwoordig word.

Ilja Rogatsjef, die nuwe Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, het verlede week op ’n byeenkoms by die Universiteit van Pretoria gesê ná die val van die eertydse Sowjet-Unie byna 30 jaar gelede, het Rusland se betrokkenheid in Afrika getaan.

Met die Rusland-Afrika-beraad hoop Rusland dit sal hom help om meer betrokke te raak by die ontwikkeling van dié vasteland.

Rogatsjef sê daar is ’n verkeerde opvatting dat Rusland net na Afrika terugkeer as deel van die stryd tusen wêreldmoondhede vir invloed en delfstowwe op die vasteland.

“Dit is geen toeval dat die beraad gesamentlik deur die Russiese Federasie en die AU aangebied word nie.

Daar is groot betekenis hierin; anders as ander groot moondhede sien Rusland nie neer op Afrika nie.

“Ons beskou Afrika en Afrika-nasies nie as junior vennote nie. Om die waarheid te sê, Rusland streef daarna om op ’n gelyke grondslag en in die belang van al die betrokke partye saam te werk,” sê hy.

Omdat die Sowjet-Unie destyds die enigste groot moondheid was wat nie by kolonialisme betrokke was nie, kyk hy nie deur ’n koloniale bril na Afrika nie.

“Ons het nog altyd onwrikbaar geglo dat Afrika self Afrika se probleme moet oplos, ook binne die Verenigde Nasies (VN).”

Hy kan dit doen met die hulp van kundigheid en advies van die internasionale gemeenskap.

Die presidensie sê in ’n verklaring Rusland is ’n strategiese vennoot. Daar is reeds meer as 38 bilaterale ooreenkomste tussen die twee lande.

Ramaphosa en Rusland se pres. Wladimir Poetin het vroeër vanjaar met die G20-beraad in Osaka, Japan, bilaterale gesprekke gevoer. Die Russiese staatshoof was verlede jaar met die Brics-beraad in Johannesburg in die land.

Suid-Afrika is tans ’n niepermanente lid van die veiligheidsraad van die VN. Rusland is ’n permanente lid.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.