Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA ambassades moet ook ekonomie bevorder

Suid-Afrika se ambassades, hoëkommissariate en missies in die buiteland sal in die toekoms ’n groter rol moet speel om beleggings na die land te lok, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het Woensdagaand aan die einde van sy besoek aan New York aan Suid-Afrikaanse joernaliste gesê Suid-Afrikaanse ambassadeurs in die buiteland sal voor die internasionale beleggingskonferensie, wat op 26 Oktober in Johannesburg gehou word, in Pretoria byeenkom om ingelig te word oor wat Suid-Afrika se planne is om beleggings te lok.

“Wanneer hulle dus terugkeer na die lande waarheen hulle ontplooi is, moet hulle die rol van die ekonomie in Suid-Afrika se bestaan kan verduidelik,” het Ramaphosa gesê.

Ter illustrasie. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Den Haag. Foto: https://www.zuidafrika.nl/

Hulle moet kampvegters vir Suid-Afrika se beleggingsboodskap wees.

“Ons wil hê ons ambassades moet in die toekoms nie net fokus op die politiek nie. Hulle moet ook fokus op die ekonomie en moontlike beleggings.

“Dit moet nie net die norm wees nie, dit moet ’n gespesialiseerde fokuspunt wees om seker te maak ons kry beleggings,” sê Ramaphosa.

Hy sê die afgelope paar dae wat hy in New York met sakelui gepraat en hulle vertel het wat Suid-Afrika se planne is om die ekonomie te hervorm, het baie mense se oë laat oopgaan.

“Hulle het begin verstaan en belangstelling getoon. Dit is wat ek wil hê ons ambassades oor die wêreld heen moet begin doen. Ons moet ambassadeurs hê wat ook ekonomiese ambassadeurs is, nie net politieke ambassadeurs nie,” sê die president.

* Sarel van der Walt, ’n politieke joernalis van Netwerk24, was namens Media24-publikasies op uitnodiging van die presidensie en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking saam met die president in New York.

Meer oor:  New York  |  Verenigde Nasies  |  Cyril Rama­Phosa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.