Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA bly een van korrupste lande ter wêreld

Met ’n telling van 44 uit 100 op Transparency International se korrupsiepersepsie-indeks is Suid-Afrika steeds een van die korrupste lande ter wêreld, is Woensdag bekend gemaak.

Volgens Corruption Watch het meer as twee derdes van die 180 lande wat gepeil is, ’n telling onder 50 bereik en kon Suid-Afrika slegs een punt (van 43 tot 44) sedert 2018 se peiling verbeter.

Die peiling is die leidende aanduiding van kenners en sakelui se mening van die korrupsievlakke in veral die openbare sektor.

Volgens Corruption Watch wys die jongste indeks hoe belangrik die verhouding tussen geld, politieke mag en korrupsie is.

Korrupsie gedy al hoe meer in lande waar groot hoeveelhede geld maklik na politieke veldtogte herlei kan word.

Lande met hoër tellings neig dus om strenger handhawing van regulasies vir die finansiering van politieke veldtogte te hê, terwyl dié wat swakker op die indeks vaar, nie sulke regulasies het nie of die betrokke regulasies nie behoorlik gehandhaaf word nie.

Hoewel die parlement in 2019 ten gunste van die strenger regulering vir die finansiering van politieke party gestem het, moet pres. Cyril Ramaphosa dit nog bekragtig.

David Lewis, Corruption Watch se uitvoerende direkteur, sê die regering se onvermoë om die wetgewing deur te voer doen min om vertroue in te boesem in die regering se vermoë om korrupsie vas te vat.

“Daarmee saam het die Suid-Afrikaanse publiek dit duidelik gemaak dat hulle nie die regering se beloftes om korrupsie te takel kan glo voordat duidelike vordering daarmee in die land se staatsentiteite gemaak is nie.”

* Suider-Afrika het ’n gemiddelde van slegs 32 op die indeks behaal, met Suid-Afrika in die agtste plek in die streek.

Meer oor:  Corruption Watch  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.