Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA deur ‘onbevoegde’ politici verwoes, sê DA
Verkiesingsplakkate tydens die vorige nasionale verkiesing in Mei 2019. Foto: Getty Images

Die DA wil met sy beleid oor ekonomiese geregtigheid sy plan van aksie en reaksie uitstippel op die verwoestende uitwerking wat die regerende ANC se bestaande ekonomiese sosio-ekonomiese beleide op baie Suid-Afrikaners het, sê Solly Malatsi, DA-woordvoerder.

Malatsi het Sondagoggend gepraat kort nadat die party sy veelbesproke aanlyn beleidskonferensie op die tweede dag hervat het.

Meer as 200 afgevaardigdes bespreek tans die konsepbeleidsdokument van 57 bladsye oor ekonomiese geregtigheid met die doel om later te stem om dit uiteindelik as DA-beleid te aanvaar.

Dr. Ivan Meyer, tussentydse federale DA-voorsitter, het op sy beurt Sondag gesê dat uitstekende vordering by die beleidskonferensie gemaak word en dat partylede betrokke is by “aktiewe demokratiese debatte met die doel om ooreenstemming te bereik om die waardes, beginsels en beleide van die party te kan herbevestig”.

Die konsepbeleidsdokument lui verder dat Suid-Afrika tans weens korrupsie en ’n onbevoegde staat die stryd teen ekonomiese ongeregtigheid verloor.

Die DA glo egter dis moontlik om by ander suksesvolle lande soos Singapoer, Suid-Korea en Rwanda te leer oor hoe om ’n bevoegde staat te bou.

“In plaas van ’n suksesvolle staat waar ekonomiese groei en -insluiting bevorder word, is ’n mislukte staat wat staatmaak op makkers (in Suid-Afrika) geskep.

“Belangrike openbare instellings is gestroop van hul magte en onafhanklikheid terwyl miljarde rande geplunder is weens korrupsie, vermorsing, ongemagtigde en onreëlmatige uitgawes.”

Die dokument sê voorts “ongekwalifiseerde, onbevoegde en polities gekompromitteerde kaders” is aangestel in poste wat noodsaaklik is vir dienslewering en die doeltreffende funksionering van die regering in Suid-Afrika.

Die DA glo dat Suid-Afrika daarom desperaat ’n radikaal ander benadering tot ekonomiese regstelling en -insluiting kort.

Die beleidskonferensie duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.