Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA doen ampsbesoek in Jedda

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagoggend in Saoedi-Arabië vir ’n ampsbesoek aangekom.

Ramaphosa sal daar met koning Salman bin Abdoelaziz Al Saud in die stad Jedda vergader om onder meer die status van bilaterale verhoudinge tussen die twee lande te assesseer.

’n Massiewe deel van Suid-Afrika se olie-invoere kom uit Saoedi-Arabië.

Pres. Cyril Ramaphosa praat Woensdag met pres. Muhammadu Buhari van Nigerië by State House in Abuja. Foto: Reuters

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het bygevoeg dat daar ook gefokus sal word om die ekonomiese bande tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië te versterk, veral om beleggings te verhoog en handelsverhoudinge te diversifiseer.

“Suid-Afrika voer tans sowat 47% van sy olie in vanaf Saoedi-Arabië en beskou ook hierdie land as ’n strategiese vennoot in die Midde-Ooste. Saoedi-Arabië is self ’n groot belegger in Suid-Afrika veral in hernieubare energie. Handel tussen die twee lande het sowat R55 miljard in 2017 beloop.”

Volgens Diko is die ampsbesoek ook ’n geleentheid vir Suid-Afrika om die samewerking met Saoedi-Arabië te verhoog in die lig van daardie land se nuwe strategie vir Afrika.

Ramaphosa word deur verskeie ministers en ’n groot sake-afvaardiging vergesel.

Meer oor:  Cyril Rampahosa  |  Saoedi-Arabië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.