Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA het meer swart kommersiële boere nodig

Daar moet meer swart kommersiële boere in Suid-Afrika kom om hierdie sektor drasties te transformeer.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag so in die parlement gesê toe hy sy departement se begrotingsrede vir die 2018-’19-boekjaar lewer.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye. Foto: Nasief Manie

Sowat R7,1 miljard is aan die departement bewillig.

Zokwana het ook aangedui dat hy steeds bekommerd bly oor die impak van die voortdurende droogte op veral vrugte- en koringboerdery.

Oor transformasie het hy verder gesê dat die regering tot dusver betekenisvol in landbou belê het om ’n gunstige en ondersteunende omgewing vir veral bestaans- en kleinboere te skep.

“Hierdie ondersteuning het egter nie gelei tot betekenisvolle deelname van swart boere in die landbou-, bosbou- en visserywaardeketting nie. As ’n gevolg bly hierdie sektore ná 20 jaar van demokrasie steeds ongetransformeerd.”

Zokwana sê dit beteken dat sy departement se fokus daarom voortaan nie net meer op kleinskaalse produksie sal wees nie, maar ook om meer swart kommersiële boere te vind. Om dit te kan doen sal sy departement saam met die departement van handel en nywerheid, die Landbank, die Nasionale Bemagtigingsfonds en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie werk om ’n program te ontwikkel wat meer swart boere in die landbou- bosbou- en visserybedryf kommersieel sal maak.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Swart Boere  |  Meer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.