Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA kan nie langer korrupsie, verrotting bekostig - Mabuza

Suid-Afrika kan nie langer korrupsie, gierigheid óf ampsmisdrywe, sowel as enige ander vorm van krisis weens verkwisting, plundering óf verrotting bekostig nie, sê adj.pres. David Mabuza.

Dít was Mabuza se duidelike boodskap Vrydag toe hy die Nedlac-beraad in die St. George-hotel in Pretoria toegespreek het.

Adj.pres. David Mabuza Foto: Daily Sun

“Almal van ons moet verantwoordelikheid aanvaar en meer aanspreeklik word vir wat die beste vir die samelewing is. Wat die regering betref, het ons die verbintenis gemaak om korrupsie en bestuursmislukkings in ons stelsel uit te roei.”

Hy het die Nedlac-vennote, wat die sakesektor en georganiseerde arbeid insluit, versoek om hul bydrae te lewer en om saam te werk om alle Suid-Afrikaners se lewe te verbeter.

Die vennote moet gesamentlik sterk instellings bou wat die land sterker kan laat groei.

‘Sonder jul steun en verbintenis sal ons nie in staat wees om korrupsie in die openbare en private sektor, sowel as pryssamespanning, te verslaan nie.

“Die private sektor moet die krane van korporatiewe gierigheid toedraai net, soos ons moet verseker dat openbare verteenwoordigers nie staatshulpbronne vir private belange gebruik nie.

“Wat ons die meeste nodig het, is dat ons staatsentiteite die weg moet baan vir die ontwikkeling van noodsaaklike maatskaplik-ekonomiese infrastruktuur.

“Plaaslike en internasionale beleggers moet help om pres. Cyril Ramaphosa se teiken van R100 miljard se beleggings in die ekonomie oor die volgende vyf jaar te bereik.

“Al ons maatskappye met kontantreserwes en groeipotensiaal moet die leiding neem en in langtermyn-groei belê. Dit is na hulle wat buitestanders kyk vir die kweek van vertroue in die ekonomie.

Ons doen ’n beroep op al ons maatskaplike vennote, op die private sektor en georganiseerde arbeid, om te verseker dat ons altyd die regte ding doen sonder dat die lang arm van die gereg bo ons koppe moet sweef.

“Om julle aan te moedig sal ons ons deel doen. Ons sal gepaste regeringstrukture in werking stel wat vir die betrokke doel ontwerp is en geloofwaardig, doeltreffend en effektief is.”

Hy het bygevoeg dat werkers in die proses regverdig behandel word.

“Ons doen ’n beroep op al ons maatskaplike vennote, op die private sektor en georganiseerde arbeid, om te verseker dat ons altyd die regte ding doen sonder dat die lang arm van die gereg bo ons koppe moet sweef.

“Ons moet eenvoudig ons morele kompas vind.”

Meer oor:  Anc  |  Adj.Pres. David Mabuza  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.