Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA lei VN-veiligheidsraad

Sou iets vandeesmaand in die wêreld gebeur wat die dringende aandag van die veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) nodig het, sal Suid-Afrika die vergadering lei.

Die land, wie se termyn twee jaar as nie-permanente lid van die veiligheidsraad op 31 Desember tot ’n einde kom, is vandeesmaand voorsitter van die veiligheidsraad. Die voorsitterskap word elke maand roteer.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê in ’n verklaring Suid-Afrika sal in die maand hoofsaaklik fokus op die bande tussen die VN en die Afrika-Unie (AU) om vrede in die wêreld te bevorder.

Die hoofkwartier van die Verenigde Nasies in New York. Foto: Sarel van der Walt

Suid-Afrika is tans voorsitter van die AU, maar sy termyn eindig in Februarie.

Pres. Cyril Ramaphosa sal Vrydag ’n aanlyn debat oor samewerking tussen die VN en die AU aanbied, terwyl dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekking en samewerking, die vorige dag ’n debat oor veiligheid lei.

Die veiligheidsraad sal vandeesmaand steeds oor die situasies in Afganistan, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Palestina, Somalië, Suid-Soedan, Soedan, Sirië en Jemen vergader.

Suid-Afrika het dit die afgelope twee jaar duidelik gemaak dat hy ten gunste daarvan is dat die veiligheidsraad van die VN hervorm moet word om plek te maak vir minstens een permanente lid uit Afrika omdat die meeste konflik in die wêreld op dié vasteland voorkom.

Jerry Matjila is al sedert 2016 Suid-Afrika se ambassadeur by die VN se hoofkwartier in New York.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.