Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA ‘liewer vir ANC as hy korruptes vasvat’

Suid-Afrikaners sal nog liewer vir die ANC wees as hulle sien dat die party se leiers daadwerklik optree teen sy eie lede wat by korrupsie betrokke is, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Hy het Woensdagmiddag in Fort Beaufort in die Oos-Kaap gepraat op ’n geleentheid wat deel vorm van die ANC se landwye herdenkings van die struggle-ikoon Charlotte Maxeke se 150ste geboortedag. Maxeke is op 7 April 1871 in Fort Beaufort gebore.

Sy toespraak kom kort nadat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) verlede week besluit het dat alle ANC-leiers en -lede wat van korrupsie en ander ernstige misdade aangekla word, binne 30 dae hul pos moet ontruim. Indien nie, sal hulle geskors word.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: GCIS

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal wat teregstaan op korrupsieverwante aanklagte, is die mees senior ANC-leier wie se politieke lot regstreeks deur bogenoemde besluit geraak word.

Ramaphosa het gesê die ANC moet verenig word. Dit is tans erg verdeeld tussen faksies wat onderskeidelik vir Ramaphosa en Magashule steun.

“As dit nie gebeur nie, sal die party aanhou uitmekaarval. Ons as verkose leiers op ons konferensie (in 2017) se mandaat was duidelik: Verenig en hernu die ANC.”

Volgens hom moet die party in ooreenstemming met sy waardes en beginsels hernu word.

“Een van die kernkwessies is om te verseker dat ANC-leiers en -lede sy waardes eerbiedig. Dit sal die ANC se integriteit en reputasie ’n hupstoot gee.

“Ons moet korrupsie in die ANC takel sodat ons mense hul vertroue in die party kan herwin. Ek het vandag hier gesien dat julle almal lief is vir die ANC, maar julle sal liewer vir die ANC wees as julle weet dat die ANC daartoe verbind is om korrupsie in sy midde te beveg en sal optree teen mense wat by korrupsie betrokke is.

“Ons mense soek leierskap wat duidelike leiding aan die ANC en sy lede kan bied.”

• Lees later meer hieroor.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Korrupte Leiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.