Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA, Nederland wil EU en AU beter laat saamwerk

Suid-Afrika en Nederland het Maandag teenoor mekaar onderneem om samewerking tussen die Afrika-unie (AU) en die Europese Unie (EU) te verbeter.

Dit was tydens samesprekings in Pretoria tussen Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en Stef Blok, Nederland se minister van buitelandse sake.

Hulle het ontmoet as deel van die eerste vergadering van die gesamentlike kommissie van samewerking tussen die twee lande waarop daar al vyf jaar gelede ooreengekom is.

Die twee lande het ná die vergadering in ’n amptelike skrywe gesê hulle wil hê die AU en die EU moet in die toekoms nouer saamwerk oor kwessies soos klimaatverandering, werkskepping, beleggings, migrasie en mobiliteit.

Stef Blok, Nederland se minister van buitelandse sake, en Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag in Pretoria vergader. Foto: Twitter/Dirco

Suid-Afrika neem eerskomende naweek die voorsitterskap van die EU vir die volgende jaar by Egipte oor.

Die twee ministers het ook gepraat oor die uitdagings wat kuberveiligheid inhou en hoe die internasionale gemeenskap kan saamwerk om stabiliteit op dié vlak te verseker.

Hulle het ook kwessies bespreek wat voor die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies dien.

Pandor en Blok en hul onderskeie afvaardigings het ook gepraat oor konsulêre dienste vir Suid-Afrikaners en Nederlanders wat in mekaar se lande besoek aflê en hulp nodig het.

Suid-Afrika en Nederland het sterk geskiedkundige betrekking wat terugstrek tot 1652 met die koms van Jan van Riebeeck.

Nederland is een van die belangrikste internasionale beleggers en help Suid-Afrika met logistieke en waterbestuur, sê Pandor.

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Nederland  |  Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.