Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA presidente se reise kos R60 m.

Voormalige Suid-Afrikaanse presidente het die belastingbetaler die afgelope sowat vier jaar byna R60 miljoen gekos, waarvan R17 miljoen aan oudpres. Kgalema Motlanthe bestee is.

Die Kgalema Motlanthe-stigting krap egter nou self kop oor dié groot uitgawes, omdat die oudpresident glo nie kwalifiseer vir akkommodasie en internasionale reise nie, sê sy vrou, Gugu Motlanthe.

Die inligting is vervat in ’n antwoord van Jackson Mthembu, minister in die presidensie, op ’n parlementêre vraag van Leon Schreiber, DA-LP. Schreiber het gesê hy wil verdere ondersoek instel na die Motlanthe-besteding.

Byna R4,8 m. is aan Motlanthe se reiskoste bestee, teenoor R2,3 m. vir oudpres. Jacob Zuma en R3,1 m. vir oudpres. Thabo Mbeki. Oudpres. FW de Klerk het R624 270 aan reise bestee.

Die reiskoste van twee voormalige adjunkpresidente, Phumzile Mlambo-Ngcuka en Baleka Mbete, het onderskeidelik R1,2 m. en R460 702 beloop.

Ander uitgawes soos akkommodasie en sekuriteit van staatshoofde en hul gesinne word ook gedek.

Die totale bedrae vir al die voormalige staatshoofde en adjunkte en hul gades is: Zuma (R6,5 m.), Motlanthe (R16,9 m.), Mbeki (R13,7 m.), De Klerk (R5,7 m.), Mlambo-Ngcuka (R6,7 m.) en Mbete (R5,5 m.).

Mbete was adjunkpresident in die agt maande van September 2008 tot Mei 2009 toe Motlanthe president was.

Gugu Motlanthe, ook ’n trustee van die Kgalema Motlanthe-stigting, sê sy sowel as haar man ontvang wel reishulp. Hulle het geen beheer oor besteding aan veiligheid nie.

“As die buitensporige bedrag vanaf 2016 net daarvoor is, moet ons gedetailleerde kostes kry.”

* Intussen blyk dit die presidensie sukkel om onreëlmatige, vrugtelose en vermorste uitgawes te bekamp.

Die presidensie se jongste jaarverslag is Maandag in die parlement ter tafel gelê.

Luidens die verslag van die ouditeur-generaal is behoorlike stappe ook nie in die laaste finansiële jaar gedoen om onreëlmatige uitgawes van R4,3 m. en vrugtelose en vermorste uitgawes van R610 000 in die presidensie te voorkom nie.

Sommige goedere en dienste met ’n transaksiewaarde van onder R500 000 is in weerwil van regulasies sonder kwotasies verkry. In party gevalle is transaksies van bo R500 000, nes in die vorige finansiële jaar, sonder kompeterende bodprosesse aangegaan.

Ander syfers sluit in:

* 629 mense werk nou in die presidensie teenoor 614 die vorige jaar.

* Hulle neem minder siekverlof – altesame 2 571 dae in 2018 teenoor 3 485 dae in 2017 onder oudpres. Jacob Zuma.

* Die presidensie het die afgelope twee boekjare R12,5 m. en R18,9 m. aan regskoste uitgegee, teenoor R12,3 m. in 2016-’17 onder Zuma en R9,1 m. die vorige jaar.

Meer oor:  Kgalema Motlanthe  |  Leon Schreiber  |  Jacob Zuma  |  Presidensie  |  Uitgawes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.