Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA se geskiedenis ‘nie eenvoudige cowboy-verhaal’
Oudpres. FW de Klerk

Die geskiedenis is nie ’n eenvoudige cowboy-verhaal oor die “goeie ouens” se stryd teen die “slegte ouens” nie.

Suid-Afrika se geskiedenis is uiters kompleks en moet daarom deur wit en swart met sensitiwiteit hanteer word, het oudpres. FW de Klerk Dinsdag in Kaapstad gesê.

Op die 26ste herdenking van sy geskiedkundige 2 Februarie-toespraak het De Klerk gesê hy staan by sy verskoning voor die Waarheids-en-versoeningskommissie (WVK) en het alle wit Suid-Afrikaners aangemoedig om voortdurend méér te doen om die pyn en vernedering wat apartheid vir swart, bruin en Indiër-Suid-Afrikaners veroorsaak het te verstaan.

Terselfdertyd behoort swart mense meer sensitiwiteit te toon vir die land se ingewikkelde geskiedenis.

“Hulle moet nie generasies beoordeel op grond van vandag se morele standaarde nie – of dit nou gaan oor Paul Kruger of koning Shaka,” het De Klerk gesê.

“Die hoofmotivering van my mense deur die geskiedenis was eenvoudig ons begeerte om ons reg tot nasionale selfbeskikking te vestig en te onderhou.”

De Klerk het hom sterk uitgespreek teen die rassehaat wat die afgelope maand in sosiale media oorgekook het en gesê Suid-Afrika kan nie dié soort rasseverdeling bekostig nie.

Deel van die probleem is dat baie wit mense gerieflik in hul eie “eerstewêreldeuforie” voortleef en hulle nie steur aan die lot van minder bevoorregte gemeenskappe nie. Gevolglik ervaar die swart meerderheid wit mense as meerderwaardig en die situasie word vererger deur kras, rassistiese en pynlike aanmerkings wat wit en swart teenoor mekaar maak.

Die gees van versoening wat in die beginjare van die nuwe Suid-Afrika geheers het, moet weer aangewakker word, het De Klerk gesê.

“Ons moet weer gehoor gee aan oudpres. Nelson Mandela se oproep vir versoening en nasiebou.”

De Klerk het ’n beroep gedoen op gemeenskapsleiers oor die land heen om sterk standpunt in te neem teen rassisme en mense wat geweld aanwakker, verantwoordbaar te hou.

De Klerk het aangekondig die FW de Klerk-stigting gaan ’n Sentrum vir Eenheid in Diversiteit begin om nasiebou en multikulturalisme te bevorder.

Suid-Afrikaners moet verstaan hulle is van mekaar afhanklik, het hy gesê.

“Niemand van ons gaan voorspoedig wees en veilig voel as ons nie almal voorspoedig en veilig is nie.

“(Oudminister) Pik Botha het altyd gesê: Dit maak nie saak of ’n zebra in sy wit of swart strepe geskiet word nie, dit is die hele dier wat sterf.”

Meer oor:  Fw De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.