Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘SA steeds ekonomies onregverdig,’ sê DA
’n See van blou in 2017 tydens ’n protesoptog van die DA. Foto: Getty Images

Suid-Afrika kort desperaat ’n radikaal ander benadering tot ekonomiese regstelling en -insluiting.

Só lui die DA se konsepbeleidsdokument oor ekonomiese geregtigheid wat afgevaardigdes Sondag op die tweede dag van die party se aanlyn beleidskonferensie sal bespreek en waaroor hulle uiteindelik sal stem om as DA-beleid aanvaar te word.

Dié dokument sê voorts ’n ekonomies regverdige samelewing is een waarin ekonomiese geleenthede vir almal beskikbaar moet wees en waarin mense in staat moet wees om van al daardie geleenthede gebruik te maak.

“Ons is nog nie daar nie. Suid-Afrika is steeds ’n ekonomies onregverdige samelewing. Weens ’n geskiedenis van apartheid, asook die regering se mislukkings en korrupsie in die demokratiese era, is daar al hoe minder geleenthede.”

Die dokument lui verder dat die twee dekades van politieke vryheid nie tot ’n behoorlike verbetering in die sosio-ekonomiese vooruitsigte van die meeste Suid-Afrikaners gelei het nie.

Volgens die DA moet die ongelykheid in geleenthede dus opgelos word om die hardgewonne politieke vryhede aan te vul as ’n ekonomies inklusiewe en nie-rassige Suid-Afrika geskep wil word.

“Ons misluk tans om ons verlede te oorkom; swak regering, korrupsie en rasgegronde beleid het die verryking van die elite toegelaat en tot die verbrokkeling van die staat ten koste van voorspoed op ’n breë grondslag.

“Omdat mense nie van een raskategorie na ’n ander beweeg as hulle bemagtig word nie, stel huidige beleide hulle in staat om vir ewig bevoordeel te word.

“Vir baie is daar ’n erkenning dat rasklassifikasie ’n boosheid van apartheid is, maar sommige glo ook dat dit ’n nodige boosheid is om iets te doen aan die ekonomiese nalatenskap van apartheid.”

Geen party het volgens die DA ooit ’n beleid voor die publiek geplaas om die nalatenskap van ekonomiese uitsluiting te hanteer, terwyl dit terselfdertyd Suid-Afrikaners bevry van apartheid se rasklassifikasie nie,” lui die konsepbeleidsdokument.

Die konferensie duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.