Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘SA vroue verdien beter’

Suid-Afrika se vroue verdien beter as die huidige samelewing waarin hulle leef en die juk van die “humanitêre krisis van werkloosheid”.

Dr. Nomafrench Mbombo Foto: Melinda Stuurman

Dit is die mening van dr. Nomafrench Mbombo, leier van die DA Women’s Network (Dawn), op Vrouedag by die Bheki Mlangeni-distrikshospitaal in Jabulani, Soweto.

Sy het na die hospitaal verwys as die “kern van die seks-vir-werk-praktyk”, nadat honderde vroue aangevoer het dat senior amptenare daar seksuele gunsies en geld geëis het in ruil vir toegang tot werkgeleenthede.

Sy het gesê sulke “dade” stroop vroue van hul waardigheid en dat ’n DA-regering die “seks-vir-werk-praktyk” sal kriminaliseer.

“Toe die vroue van 1956 na die apartheidsregering se setel gestap het, het hulle dit gedoen as leiers wat die onregverdige status quo wou verander,” het Mbombo gesê en die ANC, wat op selfverryking fokus, moet die skuld dra vir die werkloosheidskrisis.

Volgens Mbombo is 41,2% van Suid-Afrikaanse vroue werkloos, teenoor 33,7% van mans.

“Hierdie humanitêre krisis laat vroue weerloos in ’n verdrukkende en onmenslike stelsel van patriargie en die mishandeling wat daarmee gepaardgaan,” het sy gesê.

Mbombo het bygevoeg die werkloses in die land is nie gesiglose mense nie, maar iemand se bure, suster, ma, mense wat hul hele bestaan daaraan toewy om families en gemeenskappe te bou.

Sy het polisielede en mans versoek om ferm op te tree teenoor ander wat vroue se regte skend, en die slagoffers met deernis te hanteer.

Meer oor:  Soweto  |  Vrouedag  |  Werkloosheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.