Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SA wil graag meer versoen, blyk uit peiling

’n Bietjie meer as die helfte van Suid-Afrikaners glo dat die land sedert apartheid versoen het, hoewel ’n groter deel van die land sê dat hulle graag verenig wil word.

Slegs 56,1% glo dat Suid-Afrika sedert apartheid vordering in terme van versoening gemaak het. Daarteenoor voel 75,3% van Suid-Afrikaners dat ’n verenigde land wenslik is, het die South African Reconciliation Barometer (SARB) bevind.

Die SARB het Dinsdag hul jaarlikse bevindings in Kaapstad vrygestel.

Suid-Afrikaners is ook baie optimisties oor die potensiaal vir ’n verenigde gemeenskap, lui ’n verklaring van die SARB. Altesame 68% van Suid-Afrikaners het in 2017 geglo dat dit moontlik is om ’n verenigde Suid-Afrika te skep.

Die hoofopposisiepartye wat na verwagting in 2019 se nasionale verkiesing gaan meeding, sluit in die DA en die EFF.

Minder as die helfte van Suid-Afrikaners het aangedui dat hul vriende of familie versoening teen die einde van apartheid ervaar het. Altesaam 73,5% voel dat Suid-Afrikaners steeds versoening nodig het, terwyl 63,4% saamstem dat versoening onmoontlik is solank as wat mense wat onder apartheid benadeel is, steeds arm is.

Die gaping tussen ryk en arm word verder in 2017 as die grootste bron van verdeling beskou. Die barometer is in 2003 begin.

“Prosesse van versoening het leiding en betrokkenheid van individue en instellings nodig,” lui die verklaring.

Die SARB het ook respondente gevra of hulle dink die betrokkenheid van spesifieke instellings is belangrik vir versoening. Meer as ses uit elke tien Suid-Afrikaners glo dat die betrokkenheid van verskeie maatskappye wat genoteer is en ook ander besighede, geloofsorganisasies, familie, vriende en individue belangrik is.

Die rol van die nasionale regering en die gekose verteenwoordigers in die versoening van Suid-Afrikaners word ook as belangrik gesien. “Vertroue in hierdie instellings het afgeneem,” lui die verklaring.

Die gaping tussen ryk en arm word verder in 2017 as die grootste bron van verdeling beskou.

Vertroue in die ANC is ook laag – met slegs 33% van Suid-Afrikaners wat aandui dat hulle grootliks of redelik baie in die ANC glo, terwyl 49,8% sê hulle voel nader aan die ANC oor ’n langer tydperk (in teenstelling met die party soos hy huidiglik daar uitsien).

Die hoofopposisiepartye wat na verwagting in 2019 se nasionale verkiesing gaan meeding, sluit in die DA en die EFF. Suid-Afrikaners het volgens die bevindinge onderskeidelik 23,5% en 19,1% se vertroue in hierdie partye.

Altesaam 25,6% van Suid-Afrikaners sê hulle voel nie na aan enige politieke party nie.

Meer oor:  Verkiesing  |  Suid-Afrika  |  Da  |  Anc  |  Rassisme  |  Eff  |  Versoening  |  Rasse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.