Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAID ‘oortree’ deur nie Zuma se belasting aan OB te wys

Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), hou vol dat sy wel die mag het om oudpres. Jacob Zuma se belastinginligting van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te bekom en sy weiering om dit te verskaf, kan tot “strafregtelike sanksies” lei.

Mkhwebane wil Zuma se belastinginligting van die SAID kry as deel van haar ondersoek na die bewerings dat hy vroeg in sy presidentskap onverklaarde betalings van ’n veiligheidsmaatskappy ontvang het.

Maar volgens die SAID is die instelling ingevolge wet nie in staat om belastinginligting oor ’n paar instellings bekend te maak nie en het ’n dringende hofaansoek ingedien om te verhoed dat Mkhwebane Zuma se belastinginligting kry.

Daar is verskillende wette wat die kwessie reguleer, insluitend die Wet op die Openbare Beskermer en die Wet op Belastingadministrasie, maar Mkhwebane ontken in hofstukke, wat verlede week ingedien is, dat sy verbied is om inligting oor belastingbetalers te bekom.

“Ek ontken dat ek deur enige wet verhinder word om belastingbetalersinligting by die SAID te bekom of te dagvaar.

“Daar is aan my gesê art. 7 van die Wet op die Openbare Beskermer gee my die bevoegdheid om enige inligting te bekom wat my sal help om die ondersoek uit te voer en af ??te handel,” sê sy.

Haar pogings om dié inligting te bekom, was nie onder “dwang” nie, sê Mkhwebane. Sy meen dat die SAID se weiering om die inligting oor te gee as ’n strafregtelike oortreding beskou kan word.

Sy voeg by dat die weiering van die SAID ’n skending van die Grondwet is.

Na aanleiding van twiets deur Zuma oor die saak sê Mkhwenane sy is van plan om ’n beëdigde verklaring van hom te kry ter ondersteuning van haar poging.

Sy voeg by sy was van plan om ’n bevestigende

beëdigde verklaring van Zuma self te bekom, maar sy kon dit nie voor die vereiste sperdatum doen nie.

Pleks daarvan het sy Zuma se twiets by haar hofstukke ingesluit.

Zuma het in November gesê hy het niks om weg te steek nie.

“As die @PublicProtector my SAID-inligting wil sien, kan sy. Ons moenie die OB se werk bemoeilik nie. As sy my inligting wil hê, moet sy dit kry,” het Zuma getwiet.

(https://www.news24.com/SouthAfrica/News/sars-refusal-to-hand-over-zumas-tax-records-could-attract-criminal-sanctions-mkhwebane-20191206)

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Belasting  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.