Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAKP eis Mashaba se kop oor ‘teistering van inwoners’

Die SAKP in Gauteng eis dat Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba, dadelik uit sy pos verwyder word.

Die party is ontevrede omdat Mashaba volgens hulle arm mense wat in die middestad in geboue woon wat deur sindikate gekaap is, aan “onnodige teistering en inhegtenisnemings” blootstel.

Herman Mashaba, die burgemeester van Johannesburg.Foto: Jabu Kumalo

Jacob Mamabolo, die SAKP se provinsiale sekretaris in Gauteng, sê Mashaba ondersoek nie die eintlike booswigte wat die geboue in die middestad gekaap het nie.

Hy sê die metro moet help om die oortreders op te spoor wat sindikate vorm en geboue kaap. Die regmatige eienaars van geboue wat hul verantwoordelikhede ontduik, moet ook vasgevat word.

Die probleem sal nie opgelos word deur die bewoners te teiken wat huurgeld betaal aan die “gewetenlose kriminele” nie, sê die SAKP.

“Mashaba bewys voortdurend dat hy nie geskik is om die land se ekonomiese kern te lei nie en hy moet dadelik bedank. Ons doen ’n beroep op hom en die DA-EFF-administrasie om op te hou om mense wat reeds slagoffers is, verder te viktimiseer,” lui hul verklaring.

Die Johannesburg-metro se woordvoerder, Luyanda Mfeko, sê dié bewerings is onsin en dat dit bisar is dat die SAKP sy steun toesê aan optrede soos onwettige elektrisiteitsverbindings en om nie te betaal vir die gebruik van elektrisiteit nie.

“Die diefstal van munisipale dienste beroof nie net die inwoners wat betaal nie, dit verhinder die stad om goeie diens te lewer, veral aan die armes,” sê Mfeko.

Volgens hom is dit hartseer dat die SAKP kies om hom by die misdadigers te skaar en hy sê die stad sal nie toekyk hoe misdadigers eiendomme kaap en die armste mense aan onmenslike woonomstandighede blootstel nie.

“Ons sal nie toelaat dat dit gebeur nie.”

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Gauteng  |  Politiek  |  Teistering  |  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.