Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
SAKP-lede op ANC se NUK nou 1 minder

Die vyf SAKP-lede wat tot die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) verkies is, is net een minder as met die vorige lys.

Van die SAKP-lede wat nie weer die lys gehaal het nie, sluit in dr. Blade Nzimande, algemene sekretaris, Jeremy Cronin, adjunkminister van openbare werke, Thulas Nxesi, minister van sport, Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, en Joyce Moloi-Moropa, voormalige ANC-LP.

Alex Mashilo. Foto: Daily Sun

Alex Mashilo, SAKP-woordvoerder, het egter Vrydag by navraag gesê vier van die vyf SAKP-lede op die NUK is deel van die party se sentrale komitee. Dit sluit in Jeff Radebe, minister in die presidensie belas met beplanning, monitering en evaluasie, S’dumo Dlamini, Cosatu-voorsitter, Zingiswa Losi, tweede adjunkpresident van Cosatu, en Phumulo Masualle, Oos-Kaapse premier en provinsiale partyvoorsitter.

Die ander een is David Masondo, wat ’n permanente lid van die SAKP is.

Vroeër is hulle deur ses lede op die NUK verteenwoordig.

Mashilo sê van die SAKP-lede wat by die 54ste nasionale konferensie by Nasrec in Johannesburg benoem is vir die NUK, soos Rob Davies, minister van handel en nywerheid, Cronin en Solly Mapaila, tweede adjunk-sekretaris-generaal van die SAKP, het dit van die hand gewys. Nzimande, wat nie die benoeming van die hand gewys het nie, het egter siek geraak en moes die konferensie op die tweede dag verlaat.

Die SAKP het besluit om geen faksie te steun nie en sal dus nie enige voorkeure vir die leierskap bekendmaak nie, sê Mashilo.

Hy ontken dat die SAKP se besluit om onlangs ’n kandidaat in ’n munisipale tussenverkiesing teen die ANC en ander party te stel, enige invloed op die insluiting van hul lede op die NUK gehad het.

* ’n Omstrede insluiting op die NUK is dié van Mduduzi Manana, voormalige adjunkminister van hoër onderwys, wat onlangs skuldig bevind is aan die aanranding van twee vroue in ’n Johannesburgse nagklub.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.