Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘SAKP sal streng optree teen lede wat omkoopgeld vat’

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) sê hy sal “beslissend” optree teen sy lede wat betrokke is by ’n beweerde omkopery waarin ’n perlemoenhandelaar oudpres. Jacob Zuma glo R1 miljoen in kontant gegee het om te verseker dat hy Senzeni Zokwana as die minister van landbou, bosbou en visserye in sy kabinet hou.

Zokwana is voorsitter van die SAKP en word beskou as ’n vertroueling van Zuma.

Senzeni ZokwanaFoto: Nasief Manie

Alex Mashilo, woordvoerder van die SAKP, het aan Netwerk24 gesê die party sal sy lede wat by die skandaal betrokke is, aankla nadat die Valke sy ondersoek afgehandel het. Hy het die Valke se ondersoek verwelkom, maar gesê die aantygings is nog nie in die hof getoets nie. “Omdat daar ’n bewering is, beteken dit nie enigiemand is skuldig nie.”

City Press het die naweek berig die sakeman Chaile Seretse beweer Zokwana, Sdumo Dlamini, president van die vakverbond Cosatu, en Siphokazi Ndudane, adjunkdirekteur-generaal van landbou, het R300 000 elk ontvang.

Deon Larry, die sakeman wat glo die omkoopgeld betaal het, is volgens die koerant ’n veroordeelde kindermolesteerder. Larry se maatskappy, Shamode, is in ’n hofstryd met die maatskappy Willjarro gewikkel oor ’n kontrak met die departement vir die verwerking van perlemoen.

Seretse, bedryfshoof van Willjarro, ’n maatskappy wat perlemoen verwerk, beweer in ’n verklaring Ndudane, James Booi en Fryman Baaitjies het die omkopery gereël.

Booi en Baaitjies is glo ook betrokke by die verwerking van vis en perlemoen in Gansbaai.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het na berig word bevestig dat die Valke die bewerings van omkopery teen Zuma, Zokwana, Dlamini en Ndudane ondersoek.

Die DA sê die skandaal onthul die onderwêreld van perlemoendiefstal wat krisisafmetings aanneem. Hy vra dat Zokwana sê wat sy departement se plan is om die verkoop van perlemoen waarop daar beslag gelê is vir die parlement en die publiek deursigtig te maak.

Meer oor:  Senzeni Zokwana  |  Jacob Zuma  |  Sdumo Dlamini  |  Omkoopgeld  |  Politiek  |  Cosatu  |  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.